Landbouers in Suid-Afrika is besige mense. Hulle neem verantwoordelikheid vir mense, plante, diere, hulle plaaslike gemeenskappe, en soveel meer. Maar, hoe gereeld word daar ‘n bestekopname oor boere se geestesgesondheid gedoen? Dr. Louise van Coller is ’n spesialisberader, en stel veral belang in die welstand van mense wat die aarde bewerk. Ons praat met haar oor die waarde van introspeksie, en praktiese maniere om na die geestesgesondheid van produsente, hulle gades, gesinne en agriwerkers om te sien.