Is dit die einde van RNE?

Johan Gouw, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, gesels oor die markte en die regering van nasionale eenheid. Volg RSG Geldsake op Twitter

Brandpunt 2 April 2025

‘n Vurige debat oor die begroting in die Parlement. Die omstrede Nigeriese evangelis, Timothy Omotoso, word vrygespreek. Tafelberg Nasionale Park stel nuwe veldwagters aan.

Kuns met kontant 2 April 2025

Deel 1: Margaret Gardiner het op 16 ‘n internasionale voorbladmeisie geword, en kort daarna Mej. Heelal op 18. Sy het as moderedakteur by GoldenGlobes.com haar as vermaaklikheidsverslaggewer in Hollywood gevestig. Margaret is gewoonlik die onderhoudvoerder in Los Angeles wat vrae aan gesogte sterre rig, maar nou beantwoord sy Henco Kruger se vrae oor ‘n boek wat sy pas vrygestel het. Margaret weet hoe dit voel om op die rooi tapyt te wees, in die kollig – en wat agter die skerms aangaan. Met ‘n graad in sielkunde is hierdie debuutroman van haar vir elke vrou wat al ooit minderwaardig gevoel het. Henco en Margaret praat oor geld, en met haar debuutroman vertel sy die verhaal van ‘n vrou se selfontdekking, maar ook hoe mens jouself in die lewe moet laat geld.