Hemelvaart beteken vir Christene die terugkeer van Jesus na sy Vader in die hemel. Die Lukas-evangelie en Handelinge van die Apostels vertel die verhaal van hoe Jesus ná die opstanding verskeie kere aan sy apostels en volgelinge verskyn het. Ná 40 dae styg Hy op na die hemel en kan sy volgelinge hom nie meer sien nie. Die viering van Jesus se hemelvaart is een van die hooffeeste van Christene.
Kruis en dwars 29 April 2012
Johan van Lill gesels oor inklusiwiteit en hoe verskillende gelowe daaroor dink.
Kruis en dwars 22 April 20121
Johann Symington gesels met proff. Nelus Niemandt en Johan Janse van Rensburg oor die debat rondom ontluikende kerke.
Kruis en dwars 15 April 2012
Johann Symington gesels oor pornografie en die gevolge daarvan. Moet kerke en gelowiges hulle stem hieroor dik maak?
Kruis en dwars 8 April 2012
Kenners bespreek kerk- en geloofsake.
Kruis en dwars 1 April 2012
Johann Symington gesels oor die Jode en Christene se Paasfeestradisies.
Kruis en dwars 25 Maart 2012
Is die wetenskap ook God se wetenskap omdat dit Sy wêreld is? Ons leef in ‘n wetenskaplike era en wil weet wat aangaan. Daar is ook wonderlike ooreenkomste tussen die Skeppingsverhaal en die wetenskap. Die verskillende menings oor evolusie veroorsaak steeds wrywing tussen gelowiges en wetenskaplikes.
Kruis en dwars 18 Maart 2012
Johann Syminton gesels met drr. Allan Boesak en Frits Gaum oor die rol van bevrydingsteologie. Dr. Nicki Spies gesels oor die vroue en feminisme in die teologiese raamwerk.
Kruis en dwars 11 Maart 2012
Johan van Lill gesels met ’n paar jong mense oor hulle geloof en hulle plek in die kerk. Hulle gesels openhartig oor waar die kerk in hulle lewe inpas en hoe hulle oor sake soos die doop, saambly en gay-wees dink.
Kruis en dwars 4 Maart 2012
Johann Symington gesels oor geestelike leiers, hulle rol, hulle ondersteurning en wat nou gemaak as daar ’n geloofsverskuiwing plaasgevind het.