POUS JOHANNA II deur Esther Vilar

Met Jana Cilliers & Sulette Thompson. Dit is die jaar 2033 en ‘n Amerikaner – die dogter van ‘n prostituut wat in ‘n krotbuurt in Los Angeles gewoon het – word as pous verkies. Egskeiding, geboortebeperking en homoseksualiteit is toelaatbaar en Katolieke priesters mag trou. Daar is geen dogma, doodsondes of gebede nie. Al die Katolieke kerk se geld is onder die armes verdeel… En nou lewer Pous Johanna II haar inhuldigingstoespraak op televisie, al word sy kort-kort deur advertensies onderbreek. Die aktrise Jana Cilliers lewer ‘n kragtoer in hierdie omstrede solostuk oor geloof en godsdiens in die moderne wêreld.

DITTO EN DO deur Jan Spies

Boereverneukery deur die Jood in sy winkel waar kontant gerek moet word om al die nodige aan te skaf. Maar geen vrou wat haar sout werd is, sal sulke skelmstreke toelaat nie. Of sien die Jood dit dalk net uit ‘n ander oogpunt?

Willie Bester

Johan van Lill gesels met Willie Bester oor sy lewe en werk.

Jana Cilliers

Johan van Lill gesels met aktrise Jana Cilliers oor haar lewe en werk.

Nee wat, die koek is droog deur Bettina Wyngaard

‘n Groep kortverhaalskrywers het in opdrag van RSG Kunstefees 2016 ‘n storie geskryf rondom die opdrag – “Nee wat, die koek is droog…” Die uiteenlopende verhale is kostelik, speels, humoristies en oorspronklik.

‘N POORT DEUR DIE KOUE deur Jan Spies

Soms het die dienaar van die gereg hulp nodig wanneer hy te perd in die ysige koue haastig van Keimoes na Kenhardt moet reis om ‘n moordsaak te gaan ondersoek. ‘n Dominee ook, wanneer hy die vermoorde se begrafnis moet waarneem. Veral in Namakwaland waar dinge soms anders verloop as in die res van die land…

Collen Maswanganyi

Johan van Lill en Christelle Webb-Joubert gesels met Collen Maswanganyi oor sy beeldhouwerke van hout.

Conrad Theys

Johan van Lill gesels met die kunstenaar Conrad Theys oor sy lewe en werk.