Uit ‘n ander hoek 3 Junie 2018

Het die mens ʼn vrye wil het en wat sê die wetenskap daaroor? Die gaste is dr Dawie van den Heever ʼn senior lektor en navorser by die Biomediese Ingenieurswese-navorsingsgroep by die Universiteit van Stellenbosch en Julianne Blignaut ʼn nagraadse student wat spesifiek navorsing doen oor die onderwerp van vrye wil.

Takalani Sesame

Tannie June vertel die storie van Swannie Seekoei se rivier.

Uit ‘n ander hoek 27 Mei 2018

Patriargie is nog springlewendig in die kerk en samelewing, en vroue word dikwels as minderwaardig geag. Hoor wat sê twee feministe, prof. Mary-Anne Plaatjies-van Huffel en prof. Louise du Toit, vanuit ʼn filosofiese en godsdienstige oogpunt hieroor.

Uit ‘n ander hoek 20 Mei 2018

Goedgelowige mense word maklik deur kwaksalwers uitgebuit wat nuttelose en selfs gevaarlike middels ten duurste aan hulle verkoop. Jean Oosthuizen gesels met die wetenskapjoernalis, George Claassen, en die redakteur van camcheck.co.za, dr. Harris Steinmann, oor kwaksalwery en pseudo-wetenskap.

Uit ‘n ander hoek 13 Mei 2018

Hoe belangrik is godsdiensvryheid in ʼn sekulêre staat soos Suid-Afrika, en tot watter mate moet dit beskerm word? Jean Oosthuizen praat hieroor met ʼn kommissaris van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van Kultuur, Godsdiens en Taalregte, Renier Schoeman, en prof. Farid Esack van die Universiteit van Johannesburg.

Uit ‘n ander hoek 6 Mei 2018

Waar kom boosheid vandaan? Moet ons die duiwel daarvoor blameer? Jean Oosthuizen gesels met teoloog Julian Müller en ʼn voormalige NG-predikant, Deon Kitching, oor die bose en hoe hulle dit vanuit hulle hoek verstaan.

Uit ‘n ander hoek 29 April 2018

Een van die gonswoorde in vandag se gejaagde lewe is die Engelse woord, mindfulness, of bewustelikheid in Afrikaans. Jean Oosthuizen gesels met wetenskapjoernalistiekdosent en skrywer Johannes de Villiers, en bedryfsielkundige Johann de Goede om uit te vind wat dit beteken en hoe positiewe denke mens in vandag se gejaagde lewe kan help.

Uit ‘n ander hoek 22 April 2018

Jean Oosthuizen gesels met toekomskundige en godsdiensfilosoof dr. Piet Müller en sielkundige berader Truida Heymann oor drome. Hy wil by hulle weet wat die betekenis van drome is.