Uit ‘n ander hoek 28 Oktober 2018

Paleontoloog dr. Jurie van den Heever en teoloog Pieter Oberholzer verduidelik aan Jean Oosthuizen waarom seksuele oriëntasie nie ‘n keuse is nie, en hoe die geloofsgemeenskap dit moet hanteer.

Uit ‘n ander hoek 21 Oktober 2018

Hoe belangrik is geslag- en godsdiensdiversiteit in vandag se samelewing, en moet die samelewing openlik daaroor praat? Jean Oosthuizen gesels met dr. Anita Jonker en Earl Basson van Stellenbosch Universiteit oor iets waaroor die samelewing dikwels swyg, naamlik geslagsdiversiteit.

Uit ‘n ander hoek 14 Oktober 2018

Jean Oosthuizen gesels vanuit ʼn ander hoek oor sendingwerk. Sy gaste is die Ou Testamentikus, prof. Sakkie Spangenberg, en die teoloog, dr. Willa Boezak. Jean wil by hulle weet of sendingwerk altyd so lofwaardig is soos wat baie mense dink, en wat die invloed daarvan op veral die land se inheemse bevolking was.

Uit ‘n ander hoek 7 Oktober 2018

Genadedood of bystanddood wanneer ʼn geneesheer ʼn terminaal siek pasiënt help om sy of haar lewe te beëindig, is ʼn hoogs omstrede onderwerp. Terwyl al hoe meer stemme opgaan om bystanddood in Suid-Afrika te wettig, worstel baie mense met die etiese, morele en godsdienstige implikasies daarvan. Jean Oosthuizen gesels met die filosoof, prof. Anton van Niekerk, en ʼn narkotiseur, dr. Heinz Mödler, uit ʼn ander hoek oor genadedood. Kan dit moreel geregverdig word om iemand onder bepaalde omstandighede te help sterf?