Uit ‘n ander hoek 23 Desember 2018

Hoe maak mens vrede met die verlede? Jean Oosthuizen gesels hieroor met dr. Hendrik Verwoerd se kleinseun, Wilhelm Verwoerd, en Charl-Johann Lingenvelder, die man op se lewe die rolprent, Kanarie, gebaseer is.

Uit ‘n ander hoek 16 Desember 2018

Jean Oosthuizen wil by teoloog dr. Nadia Marais en advokaat Jan Heunis weet wat billike diskriminasie is, of geloofsgemeenskappe ook billike diskriminasie mag toepas, en tot water mate mag hulle teen lidmate diskrimineer.

Uit ‘n ander hoek 9 Desember 2018

Is daar iets soos geloofsgenesing, en wat sê die Bybel en die wetenskap daaroor? Jean Oosthuizen gesels met teoloog dr. Ben du Toit en narkotiseur dr. Heinz Mödler hieroor, en wil bu hulle weet of gebed mens gesond kan maak.

Uit ‘n ander hoek 2 Desember 2018

Wat is die rol en plig van joernaliste wanneer hulle oor godsdienssake berig? Jean Oosthuizen wil by die mediakenners proff. Lizette Rabe en George Claassen weet of die media hulle werk behoorlik doen wanneer daar oor geloofsake verslag gedoen word.

Uit ‘n ander hoek 25 November 2018

Feitlik alle godsdienste het in ‘n patriargale kultuur ontstaan, waar die man die hoof van die huis is, en die vrou se meerdere is. Jean Oosthuizen wil by proff. Julie Claassens en Farid Esack weet waar kom patriargie vandaan, en of God manlik is.