Bibber se verjaardagpartytjie leer die bobbejaantjies om saam te werk.
Doen jou eie ding
‘n Program oor verskeie aspekte van entrepreneurskap.
Die geheime van die brein – Episode 3
Na geboorte verander die wêreld van die baba dramaties, en moet die brein hierby aanpas. Watter rol speel verbindings in die brein, en hoe word hierdie verbindings gevorm? Ontwikkel seuntjies en dogtertjies verskillend? Wat is nodig dat die bababrein ten volle ontwikkel?
Die avonture van Bibberbobbejaantjie 20 Januarie 2019
Rampies en Riempies beplan ‘n spesiale geskenk vir Bibber se verjaardag. Hulle leer dis beter om te gee as om te ontvang.
Die geheime van die brein – Episode 2
Soveel van die menslike brein ontwikkel reeds in die baarmoeder. Fetusse kan voel, ruik, proe, sien en hoor baie gouer as wat die meeste mense vermoed. Moet ek vir my ongebore baba musiek speel? Kan ek al in die baarmoeder vir my ongebore baba leer spel? Watter bydrae lewer die pa se sperms tot die kind se ontwikkeling? Dr. Melodie de Jager, ‘n ontwikkelingskenner, en Carla van der Merwe, ‘n arbeidsterapeut, vertel van die jongste navorsing.
Die avonture van Bibberbobbejaantjie 13 Januarie 2019
Boela en Breker speel met die boer se binneband. Hulle leer dat moeilikheid mens somtyds nader aan mekaar bring.
Die geheime van die brein – Episode 1
Die mens se brein is ’n misterie waarvan die geheime eers redelik onlangs regtig deur wetenskaplikes en neuroloë begin ontsyfer is. Is alle breine dieselfde en kan breine oor tyd verander? Is daar iets soos linker- of regterbreinmense?
Uit ‘n ander hoek 6 Januarie 2019
Die tien gebooie is deel van ʼn lang lys wette in die Bybel, maar waar kom dit vandaan en wie het dit regtig geskryf? Jean Oosthuizen wil by twee Ou Testament-kenners, proff. Louis Jonker en Sakkie Spangenberg, meer weet oor die relevansie van die Bybelse wette.
Die avonture van Bibberbobbejaantjie 6 Januarie 2019
Bibber en die ander bobbejane bou ‘n boomhuis. Hulle leer dat almal ewe belangrik is.
Uit ‘n ander hoek 30 Desember 2018
Ahimsa is een van die belangrikste beginsels in die Hindoegeloof en ander Oosterse lewensfilosofieë soos Boeddhisme. Dit is ʼn lewenswyse geskoei op eerbied en geweldloosheid teen alle vorms van lewe. Jean Oosthuizen gesels hieroor met twee Hari Krishna’s, dr Irene Brand of Kamala-sita Dasi soos wat sy nou bekend is, en Axl Maas.