Fiks vir die lewe 17 Februarie 2019

Die Ierse digter en skrywer, Oscar Wilde, het gesê: “Ons almal lê in die sloot, maar net sommiges sien die sterre raak,” om hiermee te waarsku teen pessimisme. En as iemand vra: “Hoe gaan dit?” is die antwooord dikwels: “Nie te vrotterig nie, dankie.” Hoe goed of sleg is pessimisme vir jou, en hoe hanteer ‘n mens dit?

Die geheime van die brein – Episode 6

Wat veroorsaak die skielike verandering in tieners se gedrag? Watter rol speel die skielike toename in verbindings in die voorste gedeelte van die brein, die prefrontale korteks, in tieners se gemoed en gedrag?

Fiks vir die lewe 10 Februarie 2019

Die land is onlangs geskok toe ‘n deel van die loopbrug by die Hoërskool Driehoek ineengestort en op leerlinge geval het. Vier is dood en baie ernstig beseer. Hoe hanteer ‘n mens iets soos hierdie onverwagte ramp? Watter invloed het dit op mense?

Die geheime van die brein – Episode 5

Hoekom is dit belangrik dat ons breine in omgewings moet funksioneer waar ons met veiligheid foute kan maak? Is onthou en geheue dieselfde ding? Bestaan daar iets soos perfeksionisme? Is hoe jy gebeure onthou, altyd ’n werklike weergawe van wat gebeur het, of is mense se geheue feilbaar? Hoekom slaan mense baie keer toe in ’n eksamen?

Fiks vir die lewe 3 Februarie 2019

Dikwels hoor jy: “Jy kan kan nie ‘n woord glo wat hy/sy sê nie” – bedoelende dat wat gesê en gedoen word twee verskillende dinge is. Veral met die komende verkiesing en die bekendmaking van partye se kandidate, wonder mense oor hulle geloofwaardigheid. So word baie (veral ouer) mense mislei om in kwansuis “geloofwaardige” projekte hulle geld te belê, net om later uit te vind hulle is bedrieg. Hoe weet ek wanneer iemand of iets geloofwaardig is?

Die geheime van die brein – Episode 4

Soos wat die kinderbrein ouer word, leer dit meer en meer uit die omgewing waarin dit ervarings het, en by die mense in dit. Leer begin met ‘n doelwit, maar dit volg ook sekere patrone en konvensies. Vir kinders is dit belangrik dat die fondasie vir leer reg gelê word, en vir ouer mense is dit belangrik dat hulle oor hulle leer sal nadink. Waar pas dagdrome hierby in, en hoekom is dit goed vir jou brein?