Baie luisteraars het navraag gedoen oor hoe die brein angs en stres hanteer. Kan terapie die bedrading van jou brein verander? Is daar ’n verklaring oor hoe die brein werk by introverte en ekstroverte? Hoekom vra ’n mens sekere vrae op sekere tye in jou lewe? Die kenner is dr. Deon Bruwer, ‘n pastorale sielkundige.
Fiks vir die lewe 10 Maart 2019
Daar is ‘n Arabiese spreekwoord wat lui: “Die huwelik is soos ‘n beleërde vesting; die wat daar buite is, stry met alle mag om in te kom, en die wat daarbinne is, probeer vir al wat hulle werd is, om daaruit te kom.” Jy mag dalk lag oor hierdie stelling, maar sit daar nie miskien tog ‘n greintjie waarheid in nie, veral as gekyk word na die hoë egskeidingsyfer in Suid-Afrika?
Die avonture van Bibberbobbejaantjie 10 Maart 2019
Bibber se rugsak raak weg.
Die geheime van die brein – Episode 9
Hoe hou ek my brein gesond? Dink ’n mens net met jou brein? Watter impak het te veel sit en te min beweeg op die brein? Kan jy jou kind slimmer maak deur beweging? Watter rol speel beweging om jou brein gesond te hou?
Fiks vir die lewe 3 Maart 2019
Vir watter party moet ek in die komende verkiesing stem? Hoe lank nog voord ek dalk my werk verloor? Watter toekoms is daar vir my? Hoe moet ek maak as my finansies nie klop nie? Hoe hanteer ek onsekerheid?
Die avonture van Bibberbobbejaantjie 3 Maart 2019
Bibber kyk televisie.
Doen jou eie ding
Ryk van Niekerk praat met twee vroue entrepreneurs wat suksesvolle ondernemings in nismarkte gevestig het. Stephanie de Wet het Canvas Club op die been gebring waar kinders hulle kreatiewe kant met kuns kan uitleef. En Madeleen Terblanche het Mooi Me se velsorgreeks ontwikkel om haar man met ‘n letsel te help wat nie wou genees na ‘n operasie nie.
Die geheime van die brein – Episode 8
Hoe moet ek ’n studiesessie aanpak wat op breinbeginsels berus, en watter rol speel vergeet in die leerproses? Kan ek my brein leer om beter te onthou?
Fiks vir die lewe 24 Februarie 2019
“As jakkals passie preek, moet die boer sy ganse oppas.” Dit beteken dat jy versigtig moet wees vir ‘n skelm se vroom praatjies. Waarom wil sommiges ander verneuk, uitbuit en sommer net deur skelmstreke benadeel? Dink maar aan sportmanne en -vroue wat kul, en bemarkers wat ouer mense deur skelmstreke geld laat verloor.
Die avonture van Bibberbobbejaantjie 24 Februarie 2019
Bibber versorg ‘n uiltjie.