In hierdie episode gesels ons verder oor die geletterdheidsbrein. Lees ons deesdae anders as 100 jaar gelede? Kan ek myself leer om vinniger te lees? Wat gebeur in my brein as ek betekenis skep van dit wat ek lees?
Fiks vir die lewe 31 Maart 2019
Daar word gesê dat rusiemaak nie kommunikasie is nie, maar geraas. Of dit waar is of nie, rusies kom daagliks voor in mense se lewe. Sommiges daarvan word gou ontlont, terwyl ander lelike afmetings aanneem. Hoe moet ek optree wanneer daar rusie gemaak word?
Die avonture van Bibberbobbejaantjie 31 Maart 2019
Bibber en die bobbejane speel naby die treinspoor.
Doen jou eie ding
‘n Program oor verskeie aspekte van entrepreneurskap.
Die geheime van die brein – Episode 12
Hoe sien die brein kleur? Watter uitwerking het kleur op die brein? Hoekom hou die blou lig van selfone, tablette, televisies en rekenaars ons wakker? Het kleur ’n emosionele effek op jou? Hoekom hou party mense meer van sekere kleure as van ander? Sien mans en vroue kleure verskillend? Kan ’n sekere kleur jou beïnvloed om iets te koop of lees, of dalk nie?
Fiks vir die lewe 24 Maart 2019
Dit was hierdie week gedurig in die nuus: die moord in Christchurch, Nieu-Seeland, van 50 mense by die Al Noor Moskee. Skaars het ons die nuus kon verwerk, of daar is ‘n skietery op ‘n trem in Utrecht, Nederland, waar drie mense vermoor en verskeie ander beseer is. Om nie eens te praat van die verskeie hofsake in Suid-Afrika waar mense tereg staan op aanklagte van moord nie. Waarom vermoor mense ander?
Die avonture van Bibberbobbejaantjie 24 Maart 2019
Bibber en Trieks ontdek ‘n hoop vere, en probeer vlieg!
Die geheime van die brein – Episode 11
Johan van Lill kyk na die brein en geletterdheid. Die brein is nie ontwerp om te lees nie! So hoe leer die brein dan om te lees? En waar kom lees vandaan? Lees mens beter op papier as op die skerm? Hoekom raak ’n mens so maklik verlore in ’n lekker boek, en wat gebeur dan in die brein?
Fiks vir die lewe 17 Maart 2019
‘n Luisteraar skryf: “Na 12 jaar jaar in die onderwys beleef ek ‘n loopbaankrisis. Die behandeling van onderwysers deur ouers, leerders, die onderwysdepartement, beheerliggame, bestuurspanne, ens. maak dat ek moed verloor.” En met mense wat hulle werke verloor, asook die probleem om toepaslike werk vir jou kwalifikasie te kry, raak dit vir baie mense inderdaad ‘n loopbaankrisis.
Die avonture van Bibberbobbejaantjie 17 Maart 2019
Die towerborsel.