Doen jou eie ding

Ryk van Niekerk gesels met twee entrepreneurs wat onlangs nuwe besighede begin het – Francois Joubert van Incendo Distillery en Karina van der Merwe van Riverhound.

Uit ‘n ander hoek 21 April 2019

Wat beteken vergifnis, en kan mens iemand vergewe sonder dat geregtigheid geskied? Jean Oosthuizen gesels met Lukhanyo Calata, wie se pa deur die polisie vermoor is, en Deon Snyman van die Restitution Foundation oor vergifnis en regstellende aksie. Lukhanyo is ook een van die SABC 8 wat afgedank is. Hy was drie jaar oud toe die polisie sy pa, Fort Calata, in 1985 saam met die res van die Cradockvier vermoor het, en skrywer van die boek My Father Died for This.

Bosstories 21 April 2019

Loekie Swart Luiperd en sy maatjie, Berta Bruinbeer, is baie bekommerd. Koning Lourens Leeu het laat weet dat niemand die rivier se water mag drink nie, want dis vol kieme. Wat nou? Hulle het water nodig om van te lewe!

Uit ‘n ander hoek 14 April 2019

Hoe lyk ʼn sterwende kerk? En kan ʼn nuwe reformasie of hervorming ʼn sterwende kerk van uitwissing red? Dit is van die vrae wat Jean Oosthuizen stel aan twee kerkhistorici, prof. Erna Oliver en dr. Willem Oliver van Unisa.

Bosstories 14 April 2019

Loekie Swart Luiperd en sy maatjie, Berta Bruinbeer, lê langs die rivier in die skaduwee. Skielik hoor hulle iets onder die blare naby hulle? Wat sou dit wees?

Uit ‘n ander hoek 7 April 2019

Wat beteken gesonde selfliefde? ‘n Mens kan slegs met gesonde selfliefde na ander uitreik teenoor narsisme of sieklike selfliefde. Jean Oosthuizen gesels hieroor met dr. Kobus Anthonissen en ds. Llweyllyn McMaster, moderator van die Verenigende Gereformeerde Kerk se Kaapse streeksinode.

Bosstories 7 April 2019

Loekie Swart Luiperd bly in ‘n boom in die bos. Sy beste maatjie is Berta Bruinbeer. Eendag hoor Loekie skielik ‘n geraas, en sien dis ‘n swerm bye wat op hom en Berta afvlieg. Hy probeer wegkruip agter bossies en takke, maar sal hy betyds kan wegkom?