Berta Bruinbeer stap saam met haar maatjie, Loekie Swart Luiperd, in die bos. Skielik sien hulle ‘n hopie grond voor hulle. Berta skop dit met haar poot, en die volgende oomblik val sy en Loekie al skeeuende in ‘n gat!
Die geheime van die brein – Episode 19
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor neuromites. Van hierdie mites het al so wortel geskied dat mense dit al as vanselfsprekend aanvaar as die absolute waarheid, terwyl ander soms halfpad waar is, maar nie ten volle nie. Mans het in die algemeen groter en swaarder breine as vroue – maak dit dat mans slimmer is? Is jy ’n regterbrein- of linkerbreinmens?
Uit ‘n ander hoek 12 Mei 2019
Al hoe minder mense woon Sondae eredienste by, en hoofstroomkerke se lidmaatgetalle daal skerp. Wat is dit wat mense motiveer om steeds kerk toe te gaan, en wat is die dinge wat mense van die kerk wegdryf? Jean Oosthuizen gesels met ds. Michelle Boonzaaier van die NG-gemeente Brackenfell in Kaapstad en Hanzline Davids van die Verenigende Gereformeerde Kerk oor kerkbywoning.
Bosstories 12 Mei 2019
Loekie Swart Luiperd en sy maatjie, Berta Bruinbeer, loop in die bos en wonder waaroor hulle ‘n storie vir die skool kan skryf. Skielik hoor hulle ‘n harde gesnik en gehuil voor hulle. Wie sou dit wees?
Die geheime van die brein – Epsiode 18
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor watter prosesse die brein volg om besluite te neem, en wat alles ’n impak het op hoe jy ’n besluit neem. Dis verkiesingsweek en hierdie week moet alle Suid-Afrikaanse kiesers ’n belangrike besluit neem – hoe gaan jou brein te werk om dit te doen?
Uit ‘n ander hoek 5 Mei 2019
Kan Moslems en Christene saam bid, en is hulle almal kinders van God? Jean Oosthuizen gesels met prof. Louis Jonker, Oud Testamentikus by die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Teologie, en Sjeg Faadil Latief van die Moslem Juridiese Raad in Kaapstad oor die verhouding tussen Christene en Moslems. Hy wil by hulle weet of Christene en Moslems ook mekaar se broers en susters kan wees.
Bosstories 5 Mei 2019
Loekie Swart Luiperd hardloop koes-koes in die bos, bang vir die donderweer en reën, om by sy maatjie Berta Bruinbeer te gaan kuier. Skielik is daar ‘n harde weerligstraal langs hom. Hy steek vas en sien toe die snaaakste ding wat hy nog ooit gesien het…
Die geheime van die brein – Episode 17
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor wat in die brein gebeur wanneer jy ouer word. Hoe hou jy jou brein gesond en aktief? Is dit goed of sleg vir die brein om meer as een taal te kan praat?
Uit ‘n ander hoek 28 April 2019
Hoe moet Suid-Afrikaners die uitdagings van godsdiens- en kultuurdiversiteit hanteer in ʼn land met soveel uiteenlopende geloofs- en kultuurverskille? Jean Oosthuizen praat met prof. Xolile Simon van die fakulteit teologie aan die Universiteit Stellenbosch, en die onderwyskenner Danie van Wyk, oor die uitdagings van godsdienstige en kulturele diversiteit.
Bosstories 28 April 2019
Daar is groot konsternasie in die bos. Die diere is baie kwaad omdat van hulle klere gesteel word. Loekie Swart Luiperd sien hoe almal by sersant Wouter Wolf kla. Wie is die dief, en sal hy gevang word?