Uit ‘n ander hoek 9 Junie 2019

Morele kodes tussen gelowiges en ongelowiges is merkwaardig dieselfde. Jean Oosthuizen wil by die filosoof prof. Anton van Niekerk en die paleontoloog dr. Jurie van den Heever weet waar kom moraliteit vandaan. Moet mens noodwendig gelowig wees, of aan een of ander godsdiens behoort om ʼn morele lewe te leef? Is moraliteit uniek aan die mens, of vind mens ook morele optrede by diere?

Bosstories 9 Junie 2019

Loekie Swart Luiperd slaap vas in die mik van ‘n boom. Skielik hoor hy ‘n geraas in die verte. Hy sit regop en kyk rond. Wat sou dit wees en die geraas kom al nader!

Uit ‘n ander hoek 2 Junie 2019

Humanisme lok uiteenlopende reaksies by mense uit. Vir sommige mense is humanisme ʼn skeldwoord. Ander sien dit as ʼn lofwaardige passie vir menswaardigheid en geregtigheid. Jean Oosthuizen gesels met twee teoloë, dr. Ben du Toit en prof. Pieter Craffert, om agter die kap van die byl te probeer kom oor die werklike betekenis van humanisme.

Bosstories 2 Junie 2019

Dit is warm en Loekie Swart Luiperd stap saam met sy maatjie, Berta Bruinbeer in die koelte van die bos. Skielike ruik hulle rook en toe hulle om die draai stap, sien hulle ‘n veldbrand. Dit kom al nader na hulle-toe!

Doen jou eie ding

Ryk van Niekerk praat met twee entrepreneurs. Een is in die kosmetiese bedryf en die ander een maak potjiekos.

Uit ‘n ander hoek 26 Mei 2019

Die woord spiritualiteit is deesdae ‘n gonswoord binne en buite die kerk. Dit word gewoonlik geassosieer met een of ander geloof in ʼn bonatuurlike wese. Jean Oosthuizen wil by dr. Abel Pienaar, direkteur van die Sentrum vir eietydse spiritualiteit, en dr. Flip Schutte, ʼn spiritualiteitsbegeleier by die Renaissance-gemeente in Pretoria, weet wat beteken spiritualiteit, en of mens gelowig moet wees om spiritueel te wees.

Bosstories 26 Mei 2019

Loekie Swart Luiperd en sy maatjie, Berta Bruinbeer, hou piekniek by die rivier. Skielik sien hulle iets wit op die water. Dit kom al hoe nader aan hulle. Wat sou dit wees?

Die geheime van die brein – Episode 20

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor prestasie en sukses. Hoekom is party mense meer suksesvol as ander of presteer soveel beter? Is Mozart met ’n simfonie of twee in sy kop gebore? Selfs binne dieselfde gesin het jy soms jou uitskieters en dan weer ander wat net nooit uit die briekblokke kom nie.

Uit ‘n ander hoek 19 Mei 2019

Wat beteken ʼn sekulêre staat, en moet gelowiges bekommerd wees as die land se grondwet die hoogste gesag is, en nie die Bybel, Koran, Tora of enige ander heilige boek nie? Jean Oosthuizen gesels met adv. Leon Wessels, voormalige lid van die Menseregtekommissie, wat gehelp het om die land se grondwet te skryf, en dr. Johan van der Merwe van die NG Moederkerk in Stellenbosch.

Bosstories 19 Mei 2019

Berta Bruinbeer stap saam met haar maatjie, Loekie Swart Luiperd, in die bos. Skielik sien hulle ‘n hopie grond voor hulle. Berta skop dit met haar poot, en die volgende oomblik val sy en Loekie al skeeuende in ‘n gat!