Bosstories 14 Julie 2019

Loekie Swart Luiperd en sy maatjie, Berta Bruinbeer, trek al die onkruid uit by Loekie se boomhuis in die bos, om mooi blomme daar te plant. Skielik hoor hulle ‘n kwaai stem agter hulle…

Uit ‘n ander hoek 30 Junie 2019

Waarom is so baie mense in die wêreld gelowig ondanks al die moord en doodslag wat in die naam van godsdiens gepleeg is? Is godsdiens ʼn kruk, ʼn kuur, ʼn krankheid of dalk al drie? Jean Oosthuizen praat met prof. Vasti Roodt van die departement Filosofie aan die Universiteit Stellenbosch en dr. Deon Van Zyl, ʼn kliniese sielkundige in Johannesburg en voormalige professor in Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria.

Doen jou eie ding

Entrepreneurskap en interessante ondernemings word onder meer bespreek.

Uit ‘n ander hoek 23 Junie 2019

As daar een onderwerp is wat gelowiges oor die eeue fassineer is dit die duiwel of Satan. Sommige beskou die Duiwel as ‘n mitiese figuur wat boosheid uitbeeld. Ander glo Satan is ‘n werklike persoon wat in die onsigbare geesteryk bestaan. Jean Oosthuizen gesels met die teoloog prof Julian Müller en dr Evard Huisamen van die Coram Deo Gemeente in Kaapstad oor die bestaan van die duiwel en wil by hulle weet waar kom die duiwel vandaan en of hy bestaan.

Uit ‘n ander hoek 16 Junie 2019

Hoe moet ons die heilige boeke soos die Bybel en die Koran vandag lees en is alles wat daarin staan waar en onfeilbaar? Jean Oosthuizen gesels met prof Farid Esack, ʼn professor in godsdiensstudies verbonde aan die Universiteit Johannesburg en doktor Peter Nagel, Senior Lektor: Ou en Nuwe Testament by die Universiteit Stellenbosch, oor Skrifgesag.