Kyk saam met Kirby van der Merwe en digters soos Martjie Bosman, Sipho Sepamla, C. Louis Leipoldt, Andries Bezuidenhout, Motshile Nthodi, Jolyn Phillips, Dan Roodt, D.J. Opperman, Johan Myburg en N.P. Van Wyk Louw deur die glaspanele, deur die ruite na binne en vanuit die verseëlde vertoonkas na buite deur die spieël in ‘n raaisel.
DIE DOOD VANNIE FOUNMANNETJIE deur Ferdinand Deist
Ou Lettie Ingelbrê kon nou vir jou geskinner ‘t! Dis nou een swak wat die ou siel gehad ‘t wat sy net nie ontslae van kan geraak ‘t nie. Totdat die gemeenskap ‘n plan beraam om haar in die bek te ruk…
BRAAM VIER: ‘N POLIESMAN WEET NOOIT deur Abraham H. de Vries
‘n Boer ontbied die polisie een Saterdagaand na sy plaas om van sy plaaswerkers te kom arresteer. Naas ‘n klag van rusverstoring, lê hy ook klagte van brandstigting en moord. Die jong ondersoekbeampte wat aangewys word om na bewyse in die voormalige bywonershuisie te gaan soek, spandeer ‘n hele nag daar en ondersoek die inhoud van die huis nie minder nie as drie keer. Sonder om enige bewyse van moord of brandstigting te vind. Hy moet sy bevinding aan die staatsaanklaer verduidelik, en maak ‘n verrassende onthulling.
SPERTYD deur Elsa Joubert (Deel 1)
Selde is daar al so eerlik, met ‘n totale afwesigheid van sentimentaliteit, geskryf oor die oudwordproses. Alles geteken in ryke detail en met die kenmerkende woordvaardigheid van een van Afrikaans se mees gevierde skrywers. Spertyd, voltooi in Elsa Joubert se 95ste lewensjaar, is ‘n merkwaardige werk wat geen luisteraar onaangeraak sal laat nie. Luister na uittreksels uit hierdie splinternuwe werk.
BRAAM VIER: DIE ROOI VAAS deur Abraham H. de Vries
‘n Jong meisie se tante lê op sterwe. Tydens een van haar talle besoeke aan die sterwende vrou, word sy gevra om ‘n rooi vaas uit ‘n kas te haal. Dit is die mooiste vaas wat sy nog in haar lewe gesien het en sy ontwikkel ‘n obsessie om die vaas ná haar tante se afsterwe te besit. Maar hoe moet sy te werk gaan om haar tante te oorreed om die vaas aan haar te bemaak, sonder om blatant daarom te vra? Nadat sy egter die verhaal oor die oorsprong van die vaas gehoor het, verkeer sy in ‘n ernstige gewentenswroeging. Enersyds is die vaas ál waaraan sy kan dink en kan sy letterlik nie wág vir haar tante se afsterwe nie, maar terselfdertyd voel sy diep skuldig oor haar obsessiewe gedrag. Uiteindelik het die noodlot bepaal wat met die vaas gebeur. Of was dit dalk nie…?
DIE ONSIGBARES: GORDYN deur Krisjan Fourie
‘n Anderse staar in die vreemde. Hierdie verhale is nie eintlik spookstories nie, maar het ‘n geskiedkundige grondslag. Dit verken Suid-Afrikaanse gebeure en mense in ‘n vermenging van woorde, stem en klank. Gebeure soos die Laingsburg-vloed, die eerste hartoorplanting, die gifmoordenares Daisy de Melker asook die vrou wie se lyk regoor Johannesburg in stukke gevind is, word vertel. Die onsigbares is geskryf deur Krisjan Fourie en word meesterlik voorgelees deur Nic de Jager met die sinistere sout-en-peper-klanklandskap van Paul Riekert (van Battery 9-faam).
DIE OORBESIGE PREKKEREER deur Ferdinand Deist
“Vir al wat ek weet, is daar darem ‘n paar prekkeers innie hemel ook.” Die klein donkerkop Viljee’tjie was ‘n “oorlams mannetjie” en die dorp se prokureur, maar in die hierdie verhaal vang Slim toe heel onverhoeds sy baas!
BRAAM VIER: JY MOET JOU BY KRY deur Abraham H. de Vries
Geïnspireer deur die Baron von Münchhausen-sprokie, Die bont by raak weg (Uit: Die mooiste Afrikaanse sprokies, vertaal deur Pieter W. Grobbelaar) handel die verhaal oor ‘n boer wat na ‘n verlore by gaan soek. Die gegewe is op die eerste vlak ietwat absurd en klugtig, want hoe sal ‘n mens in die eerste plek besef dat een by uit ‘n hele korf nie meer op jou plaas is nie?
DIE BONT BY RAAK WEG deur Baron von Münchhausen
‘n Boer ontdek dat een van sy bye weggeraak het. Sy seun word dadelik aangesê om die by te gaan soek. Maar dit is nie sommer só ‘n soektog nie! Spekskiet is altyd prettig. In hierdie sprokie word vertel van bye wat gebrandmerk word en implemente kan trek, tot hane wat eiers lê en skotskarre trek!
DIE ONSIGBARES: WOLKBREUK deur Krisjan Fourie
‘n Anderse staar in die vreemde. Hierdie verhale is nie eintlik spookstories nie, maar het ‘n geskiedkundige grondslag. Dit verken Suid-Afrikaanse gebeure en mense in ‘n vermenging van woorde, stem en klank. Gebeure soos die Laingsburg-vloed, die eerste hartoorplanting, die gifmoordenares Daisy de Melker asook die vrou wie se lyk regoor Johannesburg in stukke gevind is, word vertel. Die onsigbares is geskryf deur Krisjan Fourie en word meesterlik voorgelees deur Nic de Jager met die sinistere sout-en-peper-klanklandskap van Paul Riekert (van Battery 9-faam).