In die werkplek is dit deesdae geen uitsondering dat mense van verskillende gelowe in een kantoor saamgegooi word nie. Wat sê die verskillende heilige geskrifte oor werk? Is dit ’n seen of ’n straf? Hoe moet verskillende gelowe mekaar in die werkplek akkomodeer?
Kruis en dwars 22 Julie 2012
Johan van Lill gesels met Christo en Jean Lombart oor idiome in die Bybel en hoe dit betekenis gee aan die taal wat ons elke dag gebruik.
Kruis en dwars 15 Julie 2012
Johan van Lill stel ondersoek in na die heilige land, Israel, se politieke woelinge en hoe dit die mense van die land beinvloed.
Kruis en dwars 8 Julie 2012
Die stigma van geestesgesondheid laat gelowiges wegskram van hulp soek. Johann Symington gesels oor psigosomatiese probleme, wat dit is, hoe dit lyk en hoe probleme opgelos kan word. Sy gaste gesels ook oor die impak wat geloof op jou psige het.
Kruis en dwars 1 Julie 2012
Kuns en kunsgalerye was onlangs baie in die nuus met die omstrede Spear-skildery. Watter rol speel kunstenaars se geloof in hulle skeppings en hoe moet gelowiges met kuns omgaan? Johan Symington kyk hoe godsdiens kuns kan beinvloed.
Kruis en dwars 24 Junie 2012
Baie gelowes moet volgens hulle geloof ’n pelgrimstog onderneem. Johan van Lill gesels met verskillende gelowe oor die onderskeie pelgrimstogte wat hulle onderneem en hoekom hierdie pelgrimstogte aangepak word.
Kruis en dwars 17 Junie 2012
Hoe lyk mans se geloofslewe? Watter rol speel geloof in hoe hulle hulle rol in die gesin en samelewing ervaar? Johan van Lill gesels oor geloof en hoe dit ’n gelowige man se rol in verhoudings beinvloed.
Kruis en dwars 10 Junie 2012
Johann Symington gesels met Suid-Afrikaners in die buiteland en hoe dit hulle geloofspad verander.
Kruis en dwars 3 Junie 2012
Johann Symington gesels oor die werkplek en Christene se verantwoordelik om die beeld van Jesus daar uit te leef.
Kruis en dwars 27 Mei 2012
Johann Symington kyk na die onafhanklike kerke in Afrika met spesifieke fokus op die Zionistekerke en waarin hulle glo.