‘n Boer ontdek dat een van sy bye weggeraak het. Sy seun word dadelik aangesê om die by te gaan soek. Maar dit is nie sommer só ‘n soektog nie! Spekskiet is altyd prettig. In hierdie sprokie word vertel van bye wat gebrandmerk word en implemente kan trek, tot hane wat eiers lê en skotskarre trek!
DIE ONSIGBARES: WOLKBREUK deur Krisjan Fourie
‘n Anderse staar in die vreemde. Hierdie verhale is nie eintlik spookstories nie, maar het ‘n geskiedkundige grondslag. Dit verken Suid-Afrikaanse gebeure en mense in ‘n vermenging van woorde, stem en klank. Gebeure soos die Laingsburg-vloed, die eerste hartoorplanting, die gifmoordenares Daisy de Melker asook die vrou wie se lyk regoor Johannesburg in stukke gevind is, word vertel. Die onsigbares is geskryf deur Krisjan Fourie en word meesterlik voorgelees deur Nic de Jager met die sinistere sout-en-peper-klanklandskap van Paul Riekert (van Battery 9-faam).
Uit ‘n ander hoek 24 September 2017
Die afgelope dekade was daar verskeie aansprake oor nabydood-ervarings van mense wat beweer hulle het ʼn blik gehad op die lewe na die dood. Opspraakwekkende verhale word vertel, wat as bewyse aangevoer word dat die mens se bewussyn afsonderlik van die liggaam kan bestaan en bestaande aannames oor bewussyn in die neurowetenskap bevraagteken. Jean Oosthuizen gesels met bybelwetenskaplike prof. Pieter Craffert en narkotiseur dr. Heinz Modler oor nabydood-ervarings.
Uit ‘n ander hoek 17 September 2017
Hoe vind mens troos wanneer jou kind vermoor word, of jou vrou sterf skielik in ʼn motorongeluk, en maklike antwoorde vanuit die godsdiens of die kerk maak nie meer sin nie? Jean Oosthuizen gesels met die skrywer Douwleen Bredenhann wie se dogter 30 jaar gelede wreed deur ʼn buurseun in hulle erf vermoor is, en ʼn gewese NG dominee Petrus Kühn wie se vrou onlangs in ʼn motorongeluk oorlede is.
AG, DIE AARDE deur Geo Höhn
Die komponis en operasanger Geo Höhn se klankbane word as “epies” bestempel. In hierdie RSG-opdragwerk verken hy “grond” en wat dit vir mense beteken.
Marius Titus-versprogram – 4
Dean Balie en Zenobia Kloppers lees verse van Marius Titus.
WOORDE LOK WOORDE
‘n Spesiale versprogram waarin gedigte oor landskappe, taal en verganklikheid gehoor kan word. Die verse kom uit Johan Myburg se nuwe, nog ongepubliseerde bundel, Uittogboek, wat volgende jaar by Protea verskyn. Myburg het in 1984 met Vlugskrif gedebuteer en dit met Kontrafak opgevolg. Kontrafak het in 1995 die Eugène Marais-prys ontvang. Die bundel Kamermusiek – beskryf as ‘n “moet-hê vir enige fynproewer se rak” – het in 2008 gevolg.
vryLAG
Met Emo Adams, Schalk Bezuidenhout & Lindie Stander. Hierdie gedugte driemanskap, onder leiding van die bekkige Johan Rademan, sit die lag in Vrydag. Dit is komedie sonder grense en ‘n nuwe konsep om ‘n stortvloed van lagbuie te verseker. Sal die mikrofone en die luisteraars se ore hierdie komiese klets kan hanteer.
Luxurama
Johan van Lill bring hulde aan die gewilde en omstrede Luxurama-teater in Wynberg in die Kaap.
DIE DINGUSSE deur Kobus Ras – Episode 5
Die Dingusse kuier vir die naweek op oom Herman se plot, en hier het hulle ‘n noue ontkoming…