Uit ‘n ander hoek 5 Mei 2019

Kan Moslems en Christene saam bid, en is hulle almal kinders van God? Jean Oosthuizen gesels met prof. Louis Jonker, Oud Testamentikus by die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Teologie, en Sjeg Faadil Latief van die Moslem Juridiese Raad in Kaapstad oor die verhouding tussen Christene en Moslems. Hy wil by hulle weet of Christene en Moslems ook mekaar se broers en susters kan wees.

Bosstories 5 Mei 2019

Loekie Swart Luiperd hardloop koes-koes in die bos, bang vir die donderweer en reën, om by sy maatjie Berta Bruinbeer te gaan kuier. Skielik is daar ‘n harde weerligstraal langs hom. Hy steek vas en sien toe die snaaakste ding wat hy nog ooit gesien het…

Die geheime van die brein – Episode 17

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor wat in die brein gebeur wanneer jy ouer word. Hoe hou jy jou brein gesond en aktief? Is dit goed of sleg vir die brein om meer as een taal te kan praat?

Uit ‘n ander hoek 28 April 2019

Hoe moet Suid-Afrikaners die uitdagings van godsdiens- en kultuurdiversiteit hanteer in ʼn land met soveel uiteenlopende geloofs- en kultuurverskille? Jean Oosthuizen praat met prof. Xolile Simon van die fakulteit teologie aan die Universiteit Stellenbosch, en die onderwyskenner Danie van Wyk, oor die uitdagings van godsdienstige en kulturele diversiteit.

Bosstories 28 April 2019

Daar is groot konsternasie in die bos. Die diere is baie kwaad omdat van hulle klere gesteel word. Loekie Swart Luiperd sien hoe almal by sersant Wouter Wolf kla. Wie is die dief, en sal hy gevang word?

Doen jou eie ding

Ryk van Niekerk gesels met twee entrepreneurs wat onlangs nuwe besighede begin het – Francois Joubert van Incendo Distillery en Karina van der Merwe van Riverhound.

Uit ‘n ander hoek 21 April 2019

Wat beteken vergifnis, en kan mens iemand vergewe sonder dat geregtigheid geskied? Jean Oosthuizen gesels met Lukhanyo Calata, wie se pa deur die polisie vermoor is, en Deon Snyman van die Restitution Foundation oor vergifnis en regstellende aksie. Lukhanyo is ook een van die SABC 8 wat afgedank is. Hy was drie jaar oud toe die polisie sy pa, Fort Calata, in 1985 saam met die res van die Cradockvier vermoor het, en skrywer van die boek My Father Died for This.

Bosstories 21 April 2019

Loekie Swart Luiperd en sy maatjie, Berta Bruinbeer, is baie bekommerd. Koning Lourens Leeu het laat weet dat niemand die rivier se water mag drink nie, want dis vol kieme. Wat nou? Hulle het water nodig om van te lewe!