Die Coronavirus-pandemie met sy streng beperkings op die normale lewe, en die onsekerheid wat dit meebring vir die toekoms, roep ‘n klomp negatiewe emosies by mense op: vrees, hartseer, woede en agressie. Hoe kan ons dit hanteer?
Kat en hond 9 Januarie 2021
Die mense wat haar ken, beskryf haar as ‘n engel in die dierewêreld. Dis Micky Schlachter van die Universiteit van Johannesburg wat haar daagliks oor wilde katte én ander diere ontferm. Lizma van Zyl gesels met Micky, en gaan loer weer in by joernalis Marguerite van Wyk wat, ná die dood van haar lieflingkat, ‘n nuwe huismaat het.
Fiks vir die lewe 3 Januarie 2021
Die Covid-19-pandemie het almal hard getref. Daar is mense wat nie kans sien vir die jaar wat voorlê nie met al die inperkings, verlies aan inkomste, regulering van mense se bewegings en werksomstandighede, ensovoorts. Mense is moedeloos en bang vir wat nog dalk mag kom. Hoe gemaak om die nuwejaar positief sonder vrees in te stap?
Kat en hond 2 Januarie 2021
Die mooimaakkoning van Suid-Afrika is aan die woord, maar Hannon Bothma gesels dan nié grimeersake nie. Hy vertel vir Lizma van Zyl van die reuse rol wat sy hondekinders in sy lewe speel, en spreek ook sy wense uit vir ons dierevriende vir die nuwe jaar.
Kat en hond 26 Desember 2020
Skrywer Riana Scheepers is ‘n groot diereliefhebber. Sy vertel vir Lizma van Zyl van die vierbeniges wat haar lewe daagliks verryk, en hoe dit haar skryfwerk beïnvloed. Riana lewer ook ‘n kragtige boodskap oor die noodsaaklikheid daarvan dat diere met respek behandel moet word en dat daar verantwoordelikheid geneem word vir hulle lewens.
Kersfees, gemasker
‘n Besprekingsprogram oor die standvastige binne die onstandvastige Covid-19.
Kersfees deur die oë van ‘n kind
Haidee Muller-Isaacs het kinders gevra hoe hulle Kersfees ervaar. Sy het ‘n draai gaan maak by ‘n kerspartytjie op Groendal, Franschhoek, waar ‘n kafee-eienaar besluit het om ‘n vroeë Kersfees spesiaal vir die behoeftige kinders te hou voor sy winkel. Dit was feestelik, die kinders het aan sakresies deelgeneem, geskenkies ontvang en weggelê aan die lekkernye. In weerwil van moeilike omstandighede sien die kinders steeds Kersfees as ‘n vreugdevolle tyd.
‘n Kersstorie
Kersfees vertel die grootste storie ooit, dié van God wat mens geword het, die geboorte van Jesus Christus. Deur die jare het daar verskeie eietydse kersstories ontstaan wat op die een of ander manier met God se storie verbind word. Luister na van hierdie stories wat Flip Loots versamel het. Bekendes soos Carel Trichardt, Petru Wessels, Lieb Bester, Simon Bruinders en prof. Piet Meiring kan gehoor word.
Jesus is Koning
Lizelle de Bruin gesels met drr. Dave Viljoen, Stephan Joubert en Johan Pienaar oor wat Kersfees beteken in die konteks van geloof, hoop en liefde.
Doen jou eie ding 22 Desember 2020
Ryk van Niekerk kyk na familiebesighede.