Fiks vir die lewe 7 Maart 2021

Dinge verander vinnig in die pandemie-tydperk: Plekname verander oornag; Ek is my werk kwyt; Die aantal mense wat kerkdienste en begrafnisse mag bywoon, fluktureer; My bewegings binne of buite die huis word gereguleer; Daar word besluit wat ek wanneer mag koop en wanneer nie. Hoe hanteer ek dit?

Fiks vir die lewe 28 Februarie 2021

Tydens die inperking was mense baie meer in mekaar se geselskap. In die proses het hulle mekaar beter leer ken, of hulle wou of nie. Weet ander regtig wie ek is en hoe om my te hanteer, of bou ek steeds mure om my?

Fiks vir die lewe 21 Februarie 2021

Van die hartseerste kommentaar wat tydens die Covid-19-pandemie gehoor word, is dat mense onverwags afskeid moes neem van ‘n geliefde, dikwels as gevolg van die dood. Daarom moet elke geleentheid saam gekoester word asof dit die laaste keer saam is.

Finansies 16 Februarie 2021

Ryk van Niekerk kyk na vrywillige en Afdeling 198-skeidingspakette en hoe werknemers dit moet hanteer en benader.

Fiks vir die lewe 14 Februarie 2021

‘n Mens lees amper daagliks daarvan in koerante of sien dit op televisie: mense wat in die pandemie-tydperk sterf, en die pynlike reaksie van hulle geliefdes daarop. In baie gevalle kom die dood onverwags. Maar of dit nou in hierdie tyd van die pandemie is of in enige ander tyd – die dood van ‘n geliefde bly moeilik om te verwerk. Hoe doen ‘n mens dit?

Fiks vir die lewe 7 Februarie 2021

Foto’s in koerante en beeldmateriaal op televisie het gewys hoe mense na Kaapse strande stroom, ongeag die beperkings daarop. In onderhoud sê hulle dat hulle nie saamstem met die beperkings nie, en sal doen wat hulle wil. Hoe korrek is sulke optrede?

Fiks vir die lewe 31 Januarie 2021

Die Covid-19-pandemie hou baie uitdagings in. Daar is nie net kommer oor die welstand van gesondheidswerkers en pasiënte nie, maar veral oor die eensaamheid wat kwarantyn en langdurige siekbed veroorsaak. Hoe kan sulke mense ondersteun word?