Residensiële eiendom as ‘n belegging.
My mooi dorp 15 Mei 2021
Mari Hudson stel jou voor aan twee opbouende leiersfigure van die Sondagsriviervallei wat eens opstokende aktiviste was. Ons deel ook inligting oor die sinvolste manier om as onafhanklike kandidaat te staan in die munisipale verkiesing.
Finansies 11 Mei 2021
Nelis Brink van PSG praat oor uitgestelde aftrede en die geldmark.
My mooi dorp 8 Mei 2021
Mari Hudson stel jou voor aan ’n sakeman van Kirkwood, en ons hoor wat die sitrusboere van die Sondagsriviervallei doen, en dit is veel meer as om rioolpompe in stand te hou.
My mooi dorp 1 Mei 2021
Mari Hudson stel jou voor aan nog inwoners van Kirkwood en die Sondagsriviervallei. Identifiseer saam met ons die probleme in jou dorp, en stap die pad saam met ons om dit op te los.
Doen jou eie ding 27 April 2021
Nick Dreyer praat oor sy onderneming, Veldskoen.
My mooi dorp 24 April 2021
In die agste program deel ’n kundige die belangrikste raad wat sal bepaal of jy kan help om jou dorp beter funksionerend te maak. En ons stel jou voor aan Kirkwood en die Sondagsriviervallei, en van sy inwoners.
Finansies 20 April 2021
Tinus de Jager praat oor ‘n onderwerp wat almal raak wat sy banktake op ‘n elektroniese instrument doen. Die ombudsman vir banksake in Suid-Afrika, Reana Steyn, sê terwyl banke tegnologie en nuwe produkte aangryp om hulle kliënte te beskerm, is daar altyd ‘n risiko betrokke.
BREYTEN BREYTENBACH – ‘N ANDER SKAKERING deur Johan Rademan Johan Rademan is pas deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns
Johan Rademan is pas deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer met ‘n erepnning vir hierdie hoorbeeld.
Ter viering van die bekende Suid-Afrikaner, Breyten Breytenbach, het Johan Rademan ‘n spesiale program saamgestel wat die fokus verplaas van sy skrywerskap, waarvoor hy alom bekend is in Suid-Afrika, na sy skilderkuns, drama en musikaliteit. In ‘n eksklusiewe onderhoud met Breyten brei hy uit oor sy ondergewaardeerde sy in Suid-Afrika, en hoe dit eintlik ‘n onontbeerlike komponent vorm van sy kunstenaarskap. Renaissance-kunstenaars het dikwels as filosowe, digters, beeldhouers, skilders en skrywers alle genres oorskry. Breytenbach is een van die enkele Suid-Afrikaners wat so ‘n Renaissance-kunstenaar is. Luister na die kunsinnige sagte Breyten en die geharde rebel en heethoof, saamgesmelt in een program wat toegelig word met vriende en kenners, wat die genres saam met hom verken het.
My mooi dorp 17 April 2021
In die sewende program gesels ons oor die vier dinge wat jy móét weet om as gemeenskap met jou munisipaliteit saam te werk.