Dié reeks van vier episodes neem jou op ‘n reis saam met mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het en ander trauma ervaar het, maar tóg weer hoop in hulle wanhoop kon vind. Skrywer en voorsitter van die joernalistiekdepartement aan die Universiteit Stellenbosch, prof. Lizette Rabe, deel haar pyn nadat haar seun aan selfdood sterf weens die impak van depressie op sy lewe. “As jy iemand verloor het aan die siekte van wanhoop, dan moet jy vashou aan hoop, want dit is al wat jou aan die gang hou.”
Finansies 29 Junie 2021
Jou gedrag as ‘n belegger bepaal in ‘n groot mate die opbrengs wat jy kry.
Doen jou eie ding 22 Junie 2021
Ryk van Niekerk praat met Danie Crowther, mede-eienaar van Noah’s Cheese op Clarence in dioe Vrystaat, oor sy pad as entrepreneur.
My mooi dorp 19 Junie 2021
Probleme met watervoorsiening en dienslewering is besig om ernstige afmetings aan te neem in die meeste dorpe en stede in Suid-Afrika. In dié episode raak-raak ons aan die stand van sake in Lydenburg, Johannesburg, Deneysville, Bloemfontein en Koster en vind uit waar staan samewerking tussen die private en staatsektore.
Finansies 15 Junie 2021
Wat is die beste manier om gesonde finansiële vaardighede by kinders te vestig?
My mooi dorp 12 Junie 2021
Jou reg tot skoon water is in die Grondwet verskans, tog laat baie munisipaliteite hulle gemeenskappe in die steek wat die voorsiening van skoon water betref. Marí Hudson praat met die waterbeheerders van die Sondagsriviervallei, wat dié vallei se water uiters doeltreffend bestuur, maar die dinge dan by munisipaliteit skeef loop. Dié skema red ook tans vir Nelson Mandelabaai van Dag Zero.
Finansies 8 Junie 2021
Wat is die voor- en nadele van die sterk Rand vir jou beleggings?
My mooi dorp 5 Junie 2021
Marí Hudson gesels met ’n jong taxibaas van die Sondagsriviervallei oor sy droom om die taxibedryf meer professioneel en respekvol te maak. Ken jy die taximense op jou dorp? Verstaan jy die toet-toet en stop-stop optredes?
My mooi dorp 29 Mei 2021
Hoe help jy om leiers te ontwikkel? Hoe help jy mense om nuut te dink om nuwe oplossings vir ou probleme te vind? Mari Hudson praat met ‘n kopskuiwer, en jy kry ’n voorsmakie van ‘n gesprek met ’n jong taxibaas van die Sondagsriviervallei. In My Mooi Dorp help ons dorpe om weer – of vir die eerste keer – modeldorpe te word, en stel ons julle ook voor aan jong leiers en oplossoekers.
Finansies 25 Mei 2021
Die optimale samestelling van ‘n aftreeportefeulje.