Fiks vir die lewe 18 Julie 2021

Wat ‘n opwindende tyd in hulle lewe moes wees ná skool en op universiteit, het vir baie jongmense in ‘n nagmerrie van onsekerheid en frustrasie ontaard vanweë die Covid-pandemie en -regulasies. Die omstandighede waarin die jeug tans moet leef is nie altyd so positief nie.  Wat kan ons daaraan doen?

My mooi dorp 17 Julie 2021

Mari Hudson staan ’n oomblik stil ná die plundering in Gauteng en KwaZulu-Natal, en skep moed uit boodskappe van voormalige opstokers wat nou anders dink oor probleemoplossing. Ons is nie almal só nie. Inteendeel, die meerderheid van ons mense het dieselfde mooi drome vir ons kinders. Kan hierdie gebeure tot ‘n nuwe heropbou, samewerking, insluiting en medeverantwoordbaarheid in ons dorpe en land lei?

My mooi dorp 17 Julie 2021

Mari Hudson staan ’n oomblik stil ná die plundering in Gauteng en KwaZulu-Natal, en skep moed uit boodskappe van voormalige opstokers wat nou anders dink oor probleemoplossing. Ons is nie almal só nie. Inteendeel, die meerderheid van ons mense het dieselfde mooi drome vir ons kinders. Kan hierdie gebeure tot ‘n nuwe heropbou, samewerking, insluiting en medeverantwoordbaarheid in ons dorpe en land lei?

UIT DIE SWARTSTE MODDER – EPISODE 3 deur Esté de Klerk

Dié reeks van vier episodes neem jou op ‘n reis saam met mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het en ander trauma ervaar het, maar tóg weer hoop in hulle wanhoop kon vind. RSG se voormalige geleentheidskoördineerder, Müriel Janse van Rensburg, vertel hoe sy tot verhaal kom met talle traumatiese ervarings in haar lewe. Sy verloor albei haar aanneemouers op die ouderdom van vyf jaar, en word daarna tussen familie en ‘n kinderhuis groot onder moeilike omstandighede. “As jy ‘n jong kind is, verstaan jy nie altyd waaroor verlies gaan nie; hoekom dit gebeur nie. Ek is van baie jongs af basies alleen gelaat.” Later in haar lewe deurstaan Müriel ook ander trauma wat diep sny. “Jy leer om daarmee saam te leef en nie jou hele lewe om daardie verliese te bou nie, maar om vorentoe te kyk.”

Fiks vir die lewe 11 Julie 2021

Elke mens ervaar die baie veranderings waarmee hulle te doene kry: van skool na universiteit; van studies na ‘n vaste werk; van ongetroud na getroud; van gesond na siek. En dan moet koersaanpassings gemaak word, soos ook nou tydens die pandemie in baie gevalle gebeur. Sommige koersaanpassings is maklik, ander moeilik en selfs traumaties. Hoe doen ‘n mens dit?

My mooi dorp 10 Julie 2021

Mari Hudson steek kers op by ’n groep wat al meer as 40 dorpe besoek het om te probeer help. Wat het hulle teëgekom? Hoe word hulp en verandering volhoubaar?

UIT DIE SWARTSTE MODDER – EPISODE 2 deur Esté de Klerk

Dié reeks van vier episodes neem jou op ‘n reis saam met mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het en ander trauma ervaar het, maar tóg weer hoop in hulle wanhoop kon vind. Skrywer Dana Snyman deel sy sabbatsreis om by emosionele genesing uit te kom nadat sy verloofde, Anette Roberts, haar eie lewe geneem het. “Die lewe is kort en kosbaar. Al manier hoe jy dit sinvol kan probeer leef, is om te probeer liefhê – jouself, wat ook baie keer baie moeilik is, maar ook die mense rondom jou.”

Fiks vir die lewe 4 Julie 2021

Iemand sê nou die dag: “Dit voel my in hierdie Corona-tyd of ek soos ‘n kar met dompligte is – ek sien net hier voor my. Ek kan nie meer vooruit dink of beplan nie.” Hoe gemaak wanneer daar skynbaar nie veel stabiele vooruitsigte is vir mense om hulle lewe vooruit te beplan nie? Hoe ver strek die meeste mense se toekomsvisie in hierdie tyd?

My mooi dorp 3 Julie 2021

Al hoe meer munisipaliteite laat hulle gemeenskappe in die steek wat die voorsiening van skoon water betref. Die waterbeheerders van die Sondagsriviervallei bestuur, anders as in baie streke, dié vallei se water uiters doeltreffend, net om te sien hoe dinge by die plaaslike munisipaliteit skeefloop. Klink dit bekend? Kom leer uit die lesse van die vallei, en moedig jou munisipaliteit aan om na kundiges se raad te luister.