My mooi dorp 7 Augustus 2021

Dis baie moeilik om behoorlik dienste in ’n dorp te beplan sonder betroubare data. Die inligting uit die 2011 sensus is eenvoudig te oud. Voorts is inligting noodsaaklik vir toekomsbeplanning, en ook om misdaad hok te slaan. Marí Hudson praat hieroor met ’n kenner in data- en risikostrategie.

ONMOONTLIK deur Christelle van Tonder

“Jy is ‘n kopskuif weg van die oplossing tot enige probleem,” sê Pieter du Preez, ‘n C6-kwadupleeg wat in 2003 deur ‘n motor getref is toe hy fiets gery het. Wat vir die meeste mense die einde van al hulle drome sou wees, was vir Pieter net drome wat verander het.

Fiks vir die lewe 1 Augustus 2021

Grendeltyd. Beperkte verkoopsure. Mense in hospitale. Doodskiste wat opraak. Alles nuwe begrippe, nuwe belewenisse wat Covid soos ‘n woestynpad voor my laat uitstrek. Hoe hanteeer ek dit?

My mooi dorp 31 Julie 2021

Die eerste stadium van die proses om ’n dorp en gemeenskap suksesvol te maak, verg baie geduld. Dit behels die verandering van gesindhede, nuwe maniere van probleemoplossing en ’n gesamentlike visie. Dan eers kan die groot ontwikkelingswerk in ’n gemeenskap begin. En as ’n dorp dán losstrek, sal almal verras wees.

DIE OLIFANTE WAT GEKIES HET OM TE VERGEET deur Mariska Spoormaker

Daar word baie gesê ‘n olifant vergeet nooit nie, maar dit wil voorkom die Addo-olifante hét vergeet van mense wat tot in die vroeë 1900’s genadelose jag op hulle gemaak het. Noudat die Addo-olifant Nasionale Park sy 90e bestaansjaar vier, het Mariska Spoormaker gaan uitvind of die olifante régtig vergeet het.

Fiks vir die lewe 25 Julie 2021

Daar is reeds in Suid-Afrika meer 66,000 mense dood as gevolg van Covid-verwante oorsake. In baie gevalle is dit ouer mense wat eensaam gesterf het, maar grootmense en kinders maak ook deel van dié getal uit. Begrafnisondernemers kan nie byhou met begrafnisdienste nie. Daar is bykans niemand wat nie weet van iemand of ‘n familielid het wat reeds aan Covid gesterf het nie. So baie dood om jou – hoe hanteer jy dit?

My mooi dorp 24 Julie 2021

Hoe werk die proses om leierskap te ontwikkel en mense anders te laat dink oor probleemoplossing? Is daar ’n ander manier van dink en doen as revolusionêr of om Gods water oor Gods akker te laat loop? Is jy bloot ’n plunderaar of ’n passiewe toeskouer, of is daar ’n ander manier van dink en doen?

UIT DIE SWARTSTE MODDER – EPISODE 4 deur Esté de Klerk

Dié reeks van vier episodes neem jou op ‘n reis saam met mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het en ander trauma ervaar het, maar tóg weer hoop in hulle wanhoop kon vind. Karen Swanepoel deel haar pynpad na aanvaarding en emosionele genesing nadat sy haar gesin in ‘n motorongeluk verloor het,  waarin sy self ook ernstig beseer is. “My hart het fisies gepyn. Dit was letterlik gevoel asof iemand ‘n dolk in my hart gedruk het en my hart flenters geskeur het in ‘n duisend stukkies. Ek het baie gewonder oor wat is die doel daarvan dat ek nog lewe. Hoekom het ek nie saam met my gesin gesterf nie?”

Finansies 20 Julie 2021

Ryk van Niekerk kyk na ‘n maatskappy wat beleggings bied in vaste mediese eiendom in die VSA.