IN DIE GEES OM TE GEE deur Martelize Brink

Wie is die vrywilligers van ons pragtige en gekompliseerde land? Met die sosio-ekonomiese uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar, wie tree na vore en spring in wanneer bronne te kort skiet? Martelize Brink vind uit wat mense motiveer om van hulleself te gee, en hoe organisasies ‘n sukses van vrywilligersprogramme kan maak.

Finansies 17 Augustus 2021

Ryk van Niekerk kyk na die beleggingsmoontlikhede by Orbvest, en beantwoord luisteraarsvrae oor beleggings.

Fiks vir die lewe 15 Augustus 2021

Dit is opvallend hoeveel bekendes in hierdie tyd sterf. Dit laat die vraag ontstaan wat die impak daarvan op die samelewing, hulle familie en vriende is. Wat is die waarde van ‘n lewe?

My mooi dorp 14 Augustus 2021

Hierdie episode fokus op twee dele: Lesse wat reeds geleer is deur dr. Braam Hanekom en sy groep, en die eerste insette oor hoe elektrisiteitsvoorsiening in dorpe en streke werk.

INHEEMSE MEDISINALE PLANTE deur Jacqui January

Suid-Afrika het ‘n ryk biodiversiteit van inheemse plantspesies. Plaaslike plante vir medisinale doeleindes is wêreldwyd bekend en trek toeriste en navorsers van ver en wyd. ‘n Proses het begin om die geskiedenis en gebruike van plante op te teken vir bewaring. In die soeke na dié inligting en plante, word die kosbare stories en die pittige streeksname ook sorgvuldig versamel en opgeteken.

Fiks vir die lewe 8 Augustus 2021

Al hoe meer mense verloor hulle werk, besighede sluit en depressie en angs neem toe. Flip Loots praat met dr. Gustav Gous oor emosionele moegheid, onsekerheid en depresssie in die pandemietyd.