Fiks vir die lewe 5 September 2021

Een van die kenmerke van die tyd waarin ons lewe, is die verskil in menings oor die neem van die inenting teen die Corana-virus al dan nie.  Naas diegene wat nie kan wag om dit te kry nie, is daar diegene wat heftig daarteen gekant is. Hoe hanteer jy mense se verskillende opinies?

My mooi dorp 4 September 2021

As Suid-Afrika nie binne die volgende 3 tot 5 jaar verskeie groot nuwe-tegnolgie sonaanlegte en -plase bou nie, sal ons vir altyd verval in duurder steenkool- en kernkragstasies, en nie meer ekonomies met die wêreld kan meeding nie. Moderne sonenergieaanlegte en -plase in ander wêrelddele lewer elektriteit teen ‘n fraksie van Eskom-tariewe, en sal nog beter en goedkoper word. Suid-Afrika moet baie vinnig wakker skrik.

JIMMY NEWMAN: GHRENDER AS GHREND deur Fritz Klaaste

Jimmy Newman en langarmmusiek is sinoniem. Hy het dié musiekformaat na nasionale gewildheid geneem. Sedert die beginjare van die groep, Jimmy’s Grand Six, vernoem na die Grand Hotel in die destydse Suidwes-Afrika waar sy sesstuk-groep begin het, het hy homself gevestig as een van die vaders van langarm. Fritz Klaaste kyk na die die man, sy gesin en sy musiek.

Fiks vir die lewe 29 Augustus 2021

‘n Verslag deur ‘n span Suid-Afrikaanse navorsers sê sowat 3-miljoen Suid-Afrikaners het sedert die begin van die grendeltyd hulle inkomste verloor, en byna die helfte van alle huishoudings in die land sê hulle het die afgelope drie maande honger gely. Die Coronapandemie het veroorsaak dat daar groot nood in gemeenskappe ontstaan het. Hoe kan sulke mense in hierdie tyd gehelp word?