My mooi dorp 25 September 2021

Onder die Ramptoestand-maatrëels wat al 18 maande van krag is, is die verwydering van onwettige plakkerstrukture ’n groter kopseer as ooit. Munisipaliteite en stadsrade se hande is egter nie afgekap nie. Ons het gaan vasstel wat ’n dorp of stad kan doen, en dat hoe gouer opgetree word, des te beter.

SYLVESTER, KONING VAN KUZUKO deur Mariska Spoormaker

Ses jaar gelede was die wêreld se oë op die lot van Sylvester, die leeumannetjie wat uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het en eers 27 dae later opgespoor kon word. Toe Sylvester die volgende jaar weer ontsnap, het baie gevrees hy sou die doodskoot kry, maar dit het nie gebeur nie. Hy is in die Kuzuko-wildreservaat in die Karoo hervestig, en het sedertdien nog nie een keer weggeloop nie – wat sou die geheim hiervan wees? Mariska Spoormaker het gaan uitvind.

Finansies 21 September 2021

Watter uitwerking het Covid-19 op die mediese sektor? Wat is van die grootste beleggingsfoute wat mense maak?

Fiks vir die lewe 19 September 2021

Kerke is hard getref deur die Corona-pandemie omdat groot byeenkomste verbied word. Heelwat kerke het hulle dienste uitgebrei na stromingsdienste op die internet. Wat gebeur met die kerke wanneer die Coronavirus sy wyk geneem het? Is dit terug na normaal, of sal die kerk moet aanpas?

My mooi dorp 18 September 2021

Wat moet Suid-Afrika doen om moderne sonplase te bou om goedkoper sonkrag te lewer as Eskomkrag, en mededingend te bly in die wêreldekonomie. Hoe kies jy die beste sonpanele vir jou huis? Een van die wêreld se voorste sonkragkenners gee raad.

TEN SPYTE VAN deur Johan Rademan

Wat het Susan Boyle, sir Anthony Hopkins en Courtney Love gemeen? Al drie is wêreldbekend en funksioneer suksesvol op die outismespektrum. Om iemand op die outismespektrum te plaas is nie ‘n eenvoudige mediese toets soos bloedtrek of die gebruik van ‘n stetoskoop nie. ‘n Geduldige lang waarneming- en ondersteuningsprogram is nodig om outisme te diagnoseer. Die eerste outis is 77 jaar gelede identifiseer, en dit was ‘n skaars toestand. Vandag word een uit elke 33 kinders op die spektrum geplaas.