My mooi dorp 2 Oktober 2021

Dorpe en munisipaliteite se hande is nie afgekap as dit by die verwydering van onwettige grondbesetters kom nie. Vroeë optrede, aanpassings in munisipale regulasies om die Paai-wetgewing se gapings te ondervang, en vroegtydige beplanning is deel van die oplossing. ’n Nuwe behuisingsaanslag is ook nodig om dorpe meer funksionerend te maak.

DIE WONDER VAN HERKOMS deur Haidee Muller-Isaacs

Haidee delf in die herkoms van haar mense: Sy kyk na die aankoms van die slawe en hoe slawe se name gegee is. Slawe-navorser Aubrey Springveldt vertel van sy eie voorsate, en Haidee hoor meer van die Kamissa-rivier en die kreolisasie van mense. En by haar hartsplek en komvandaan, Oudtshoorn, vind sy uit van die waternimf by die watergat in die rooi heuwels – daar waar die Olifants- en die Kammanassie-riviere bymekaarkom.

Fiks vir die lewe 26 September 2021

Die Wêreld Gesondheidsorganisasie bereken dat daar nagenoeg 1 miljard mense wêreldwyd is wat een of ander vorm van gestremdheid het. Die vraag is nou: Hoe beïnvloed Covid-19 persone met gestremdhede? Flip Loots praat hieroor met dr. William Rowland, erepresident van die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Blindes.