My mooi dorp 30 Oktober 2021

Die regsbeginsels wat geld met onwettige grondbesetting, die probleem van kabeldiefstal en ’n naweekfees om weer toeriste na ’n dorp te lok ná die inperkings, kan in die program gehoor word. Van hierdie inligting kan dalk jóú dorp help. 

NAG KARLIEN deur Bettie Kemp

Tevore het jy hulle altyd op DEURNAG OP RSG gehoor. Omroepers wat luisteraars, veral die Siele op Wiele, geselskap hou. Bettie Kemp, wat vroeër jare die skof gereeld waargeneem het, het ‘n radiodrama geskryf oor haar wedervaringe in die ateljee wanneer sy so alleen daar sit. Wat die drama spesiaal maak, is Karlien se obsessie met een spesifieke luisteraar wat telkens SMS’e stuur. En sy reaksie op wat sy sê. Die spelers is Bettie Kemp, Janine Opperman, Anton Schmidt en Sulette Minnaar.

My mooi dorp 23 Oktober 2021

Jy kán as ’n dorpenaar ná die verkiesing seker maak dat jou munisipaliteit behoorlike dienste lewer. Dr. Harlan Cloete vertel hóé. ’n Prokureur verduidelik die regsaspekte van die paai-wetgewing en onwettige grondbesetters.

GREEN ROOM deur Ilne Fourie

Die drana speel af in ‘n green room waar menige akteurs al meer tyd spandeer het agter die verhoog as op die verhoog, tydens repetisies om iets te drink, te gesels, deur woordrepetisies te gaan en mekaar se lief en leed te deel. Hierdie magiese ruimte word slim benut deur die skrywer, tydens ‘n verhoogrepetisie van Daar woon mense, een van Athol Fugard se nie-politiese dramas. Die rolle van Don en Millie word gespeel deur die akteurs Barry (Cobus Rossouw) en Isabelle (Antoinette Kellerman). Dié twee se rakleeftydperk staan einde se kant toe. ‘n Mens word met heimwee en deernis vervul oor die bydrae wat soveel kreatiewes agtergelaat het, maar ook weerloos laat in hulle latere jare.