My mooi dorp 20 November 2021

Wil jy graag in ‘n dorp woon met groen boomryke strate en parke? Met koeltebome, vrugtebome en jou eie groentetuin? Ons daag jou uit en gee raad oor hoe en waar jy kan begin om jou dorp te ‘verboom’. Ons sluit ook ons reeks oor die Paai-wetgewing af.

DONKERHOEK deur Nicola Hanekom

Op die plaas Donkerhoek in Kannaland speel ‘n sombere verhaal af tydens ‘n verwoestende en verterende brand, aangehits deur ‘n wraaksugtige piromaan. Sy skielike verskyning na jare se afwesigheid, krap ou wonde oop. ‘n Raaiselagtige kinderdood, seksuele afdreiging, verwerping en disfunksionele gevolge lei tot ‘n rillerverhaal wat jou vasgenael voor die radio sal hou. Die spelers s June van Merch, Zenobia Kloppers, Charlton George, Frieda van den Heever, Anrich Herbst, André Samuels en Pieter van Zyl. Waarskuwing: Nie vir sensitiewe luisteraars aanbeveel nie, weens taalgebruik en volwasse temas.

My mooi dorp 13 November 2021

In hierdie episode van MY MOOI DORP: Waterregte is inderdaad verhandelbaar; dwelmprobleme in dorpe; hoe ’n munisipaliteit van vrotsig tot toppresteerder gevorder het; en nog ’n aspek van die gebrek aan regte van grondeienaars teenoor onwettige plakkers.

WILDE ALS deur Wessel Pretorius

Hilde Kraus, ‘n legendariese skrywer in haar sestigs, sonder haarself in ‘n plaashuisie in die Karoo af om haar finale, outobiografiese roman te skryf, jare na haar laaste poging. Sy wroeg deur die kronkelpaaie van haar geheue om sin te maak van die goeie en die slegte, sodat sy dit uiteindelik in haar boek kan verwoord. Om haar te help om feite van fiksie te skei, “ontbied” Hilde haar eertydse minnaar en muse, Paul Naudé, vir die laaste keer. Só word sy gekonfronteer met pynlike sleutelgebeure in haar verlede. Die rolle word vertolk deur die akteurs wat in die verhoogproduksie te sien was. Jana Cilliers is Hilde Krauss, en Dawid Minnaar speel die rol van Paul Naudé.