My mooi dorp 19 Februarie 2022

Heuwels oorgroei met digte groen ruigtestruike waaraagter selfs olifante kan skuil, veral ná reënbuie in die somer en winter. Droë riviervalleie met geelhout- en ander bome en uiters vrugbare grond. Droogtes en vloede wat mekaar afwissel. Histories geseën met die grootste soogdierdiversiteit per vierkante kilometer in SA. Spekbome, malvas, syselbosse en ‘n groot verskeidenheid plante wat gebrei is vir oorlewing. Dis enkele van die plante inheems aan die Oos-Kaapse Ruigteveld wat plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld aan ons bekend stel om mooi tuine in dié gebied te vestig.

50 JAAR VAN KUNSTE IN DIE KAAP deur Martelize Brink

Dis ‘n baken van kuns en een van die eerste geboue wat jou verwelkom soos jy die Moederstad vanaf die N1-snelweg groet. Dit was die afgelope twee jaar vir lang tye stil en leeg, tog is daar baie werk gedoen om die kunste lewendig te hou. Kunstekaap, vroeër bekend as die Nico Malan-teater, het in 2021 sy 50ste bestaansjaar gevier. Martelize gesels met die teaterkompleks se bestuurshoof dr. Malene le Roux en verskeie ander rolspelers wat oor die jare betrokke was by die kunste in Kaapstad.

Doen jou eie ding 15 Februarie 2022

Ryk van Niekerk praat met Anna Groenewald, medestigter van TallOrder Solutions, wat fokus op betaalpunttegnologie vir klein- en middelslagondernemings.

My mooi dorp 12 Februarie 2022

Windmeultjies, silwerkwassies, tontelbossies, pers-sonsoekertjies, klokkiesbossies, wondertapyt en verkleurmannetjie-salie… Dis enkele van die plante inheems aan die Hoëveld wat plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld aan ons bekend stel. In dié reeks oor inheemse plante help hy dorpenaars om hulle dorpe en streke met plaaslike inheemse bome en plante te vergroen en te verfraai.

TRANSGENDER – OM MYSELF TE WEES deur Johan van Lill

Johan van Lill vertel die verhale van Simone Heradien en Robert Hamblin, wat ná ‘n lang oorgangsperiode, albei as die teenoorgestelde geslag leef as wat hulle gebore is. Om transgender te wees, het eintlik bitter min te doen met jou geslag. Die rol wat gender speel, het ‘n reuse impak op die mate waarin jy jouself kan uitleef in die rol wat jy speel, ongeag jou geslag.