‘n Besprekingsprogram oor Islam en die Koran.
WAT KLAP DASOE OPPI KAAPSE VLAKTE – DEEL 2 deur Flip Loots
Bendegeweld, dwelmmisbruik, intimidasie, moord en disfunksionele gesinne op die Kaapse Vlakte kom onder die vergrootglas. Inwoners van die Vlakte vertel van die gespanne en hartseer omstandighede waaronder mense daar leef. Is daar hoop?
Groeipyne 21 September 2023
Ons fokus op die Noordwes-Universiteit se Vroeë Kinderopvoeding Leerfees. Dis ‘n Inisiatief om betrokkenheid, kennisontginning en sosiale relevante leer vir almal in die veld te bevorder. Dr. Andri Schoonen van NWU se Fakulteit Opvoedkunde het al die inligting.
Skrywers en boeke 20 September 2023
Schalk Schoombie was ‘n bekroonde akteur, dramaturg, joernalis en skrywer. Ilse Salzwedel onthou hom met ‘n argiefonderhoud uit 2015. Elize Parker gesels oor haar jongste roman, WANNEER SKADUWEES KANTEL. In Johan Myburg se internasionale insetsel het hy nuus oor die veranderings aan die Pulitzerpryse se reglemente, en twee boeke wat benoem is vir die Bookerprys (Chetna Maroo se WESTERN LANE en Ayobami Adebayo se A SPELL OF GOOD THINGS). Jy kan ook meer uitvind oor Michael Ondaatje, wat onlangs 80 geword het, se werk.
Gesondheid 20 September 2023
In die tweede program in ‘n kort reeks oor sarkoom, kyk ons na geteikende- en immunoterapie en die kans op herstel. Daar is baie vorms van dié sagteweefsel-kanker, wat veral tieners en jong volwassenes se lewe kan ontwrig.
Geestesgesondheid 19 September 2023
Johan van Lill praat met Fanie Kriel, ‘n kliniese pastorale terapeut, oor delirium. Mense met LangCovid ly dikwels hieraan. Wat is die simptome, en hoe kan mens dit hanteer?
Kortom 19 September 2023
Donovan Petersen lees twee kortverhale uit die pen van Frederik de Jager – ‘N OOMBLIK VAN STILTE VOOR DIE SKARE en ‘N FOTO VAN WAT NIE MEER IS NIE.
Vers en klank 19 September 2023
Sophia van Taak gesels met die digter en vertaler, Daniel Hugo, oor Jan Swanepoel se jongste digbundel, Die Belewenisse van ’n Latinis.
Doen jou eie ding 19 September 2023
Ryk van Niekerk praat met apteker Anmarie de Wet, wat ‘n paar apteke besit.
Opskud 18 September 2023
Die nagtegaal – Deel 2