Taaldinge 24 September 2023

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans, VivA, is besig met verskeie projekte ter bevordering en bewaring van Afrikaans in al sy fasette.  Die bestuurshoof, Marlie Coetzee, vertel vir Ina Strydom van die projekte, insluitend ‘n taal- en tegnologietoer vir skoolkinders, onderwyshulpmiddels en die uitgewery.

Kiskenades – Episode 77

Die speelgoed en Alicia kuier by die nuwe buurvrou, tannie Bettie. Daar ontmoet hulle ‘n poppie wat al die pad van Duitsland af kom. Tandjies Muis leer ook dat nie almal dieselfde taal praat nie. Daar is baie verskillende tale regoor die wêreld.

4×4-Sake 23 September 2023

Francois 4×4 Rossouw vertel van die eerste reis saam met RSG-luisteraars, amper 30 jaar gelede na die Kalahari.

Wie is ek? 22 September 2023

Wat is iemand se identiteit? In die mees algemene sin van die woord kan ons identiteit definieer as ‘n persoon se sin van self, gevestig deur hulle unieke eienskappe, affiliasies en sosiale rolle. Boonop het identiteit kontinuïteit, aangesien ‘n mens voel om, oor tyd, dieselfde persoon te wees ten spyte van baie veranderinge in omstandighede. Tog kan iemand se identiteit hulle terughou in die lewe. Kom vind uit wie jy is en hoe jy na jouself moet kyk.