Marion Holm se loopbaan het weens die Covid-pandemie skielik tot ‘n einde gekom. Soos talle ander kunstenaars is sy deesdae weer volstoom aan die arbei en spin. Haar ervaring hiervan is vasgevang in ’n eenvrouvertoning. Dis ‘n intieme kykie in haar lewe voor, tydens en ná die pandemie.
Groeipyne 5 Oktober 2023
Arbeidsterapeut Charlene Cruickshank deel haar gesin se reis met disleksie, en gee raad oor hoe om dit te hanteer.
Skrywers en boeke 4 Oktober 2023
Ilse Salzwedel gesels met Julio Agrella, skepper van die Zeus van Wyngaardt-misdaadfiksiereeks. Daar is meer oor die wenners van die ATKV Woordveertjies en die kykNET-Rapportboekpryse. In sy internasionale bydrae vertel Johan Myburg meer oor voorspellings oor wie vanjaar aangewys sal word as die wenner van die Nobelprys vir letterkunde. Hy het ook nuus oor die kortlys van die Bookerprys en die fiksiekortlys vir vanjaar se Sunday Times-letterkundeprys. Johan stel ons ook voor aan Naomi Wood, die Engelse skrywer wat onlangs aangewys is as die wenner van die 2023 BBC-kortverhaalwedstryd, en hy bring hulde aan die Britse digter en skrywer, Tobias Hill, wat onlangs oorlede is.
Gesondheid 4 Oktober 2023
Wat is die jongste benadering tot die behandeling van gewigsverlies vir oorgewig mense? Kan ’n nuwe middel wat binnekort ook in Suid-Afrika beskikbaar sal wees, dalk baie gevalle van bariatriese chirurgie vervang?
Geestesgesondheid 3 Oktober 2023
Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor verhoudingsafrigting. Hoe verskil verhoudingsafrigting van huweliksberading, en wanneer kan paartjies daarby baat? Watter verskil kan verhoudingsafrigting maak aan jou geestesgesondheid?
Vers en klank 3 Oktober 2023
Nic de Jager is die voorleser in ‘n reeks van drie programme oor die lewe en werk van die digter, D.J. Opperman.
Opskud 2 Oktober 2023
Die vlieënde koffer.
Regsake 2 Oktober 2023
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n vrou wat produkte by ‘n verkoopspersoon gekoop het, wat sy nie kan bekostig of nodig het nie, en dit nou wil teruggee. Hy bespreek ook die wetlike vereistes waaraan iemand wat geld aan mense uitleen, moet voldoen. Spesialisgas Est-marié McCallahan praat oor onwettige kragverbindings.
Kommentaar 1 Oktober 2023
‘n In-diepte ontleding van die week se belangrikste nuusgebeure.
Sterre en planete 1 Oktober 2023
NASA beraam planne oor hoe om die Internasionle Ruimtestasie, wat 400 km van die aarde af wentel, af te bring aarde toe. Jim Adams verduidelik wat die planne is. Dis vandeesweek Wêreld Ruimteweek. Ons hoor wat alles in Suid-Afrika beplan word. Die gruismonster wat Osiris Rex laasweek suksesvol aarde toe gebring het, het groot opslae gemaak. Jim Adams vertel van sy aandeel aan die projek. Hy praat ook oor Osiris Rex se volgende teiken, die asteroïede Apophis.