Regsake 9 Oktober 2023

Igna Klynsmith bespreek Apartheidswetgewing en hoe dit detyds in die hof toegepas is. Hy bespreek ook ‘n luisteraarsbrief wat handel oor jurisdiksie, en hoe dit werk indien iemand op ‘n vliegtuig ‘n misdaad sou pleeg. Spesialisgas Volker Krüger praat oor kontrakte en of dit via WhatsApp-boodskappe gesluit kan word.

Sterre en planete 8 Oktober 2023

Die Parker-satelliet, wat digby die son beweeg, het onlangs interessante bevindings gemaak. Die satelliet sal teen 2025, wanneer hy die naaste aan die son is, ‘n verbysterende snelheid van 690,000 km/h bereik! Een van die interessante plekke in die hemelruim is die somerkonstellasie waarin die Oriongroep die belangrikste is. Die James Webb-infrarooiteleskoop het onlangs in die Orionnewel nuwe voorwerpe raakgesien.

Stemme van hoop 8 Oktober 2023

Lizelle de Bruin gesels met dr. Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis en Gregory Modungwa van Unashamedly Ethical oor hoe ons kan help bou aan sterker instellings soos families en skole. Die gesprek fokus op die verstaan van wat die rol van die burgerlike samelewing is in die heropbou van die land. Ons hoor ook van Augusta Brand oor die bou van die Jakes Gerwel Skool op Bonnievale.

Leefwêreld van die gestremde 8 Oktober 2023

Oktober is bewusmakingsmaand van persone van kort statuur. Melanie Lubbe bied hulp aan oor hoe om interaksie te vergemaklik en stigma uit die weg te ruim. Sakkie Blom vertel van die oogtoestand, Stargards, en hoe sig daardeur geraak word. Hy vertel ook hoe blindes toegang tot dokumente en aanhangsels in e-posse kan kry.

Rand en sent 8 Oktober 2023

Tracy Peters van die Staatsdienspensioenfonds praat oor wat met lede se pensioengeld vyf jaar na aftrede gebeur, en hoe lank uitbetalings aanhou.

Ons en die onderwys 8 Oktober 2023

Johan van Lill praat met Susan Burgess, ‘n onderwyskundige, oor speelgebaseerde leer in voorskoolse onderrig. Hoekom is speel so belangrik vir die ontwikkeling van jonger leerders?

Taaldinge 8 Oktober 2023

‘n Taalpraktisyn van Akademia, Sarita Blignaut, vertel vir Ina Strydom meer oor die tema van vanjaar se Vertaaldag, en wat dit in die praktyk beteken. Sy vertel ook van die vertaalproses, en wat die toekoms vir vertalers inhou teen die agtergrond van die ontwikkeling van Kunsmatige Intelligensie.