Lizelle de Bruin gesels met dr. Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis en sielkundige Quintin Adams oor wat dienende leierskap beteken. Die gesprek fokus op die verstaan van die rol van die burgerlike samelewing vir die heropbou van die land. Dr. Stephan Joubert deel ook ‘n paar gedagtes oor leierskap, en wat dit nie is nie.
Leefwêreld van die gestremde 15 Oktober 2023
Fanie du Toit beantwoord luisteraarsvrae oor die inplanting van gehoorapparate by babas. Jacqui January hoor van mense se ervaring van depressie, en hoe dit persone met die toestand kan strem indien dit onbehandeld gelaat word.
Rand en sent 15 Oktober 2023
Tracy Peters van die Staatsdienspensioenfonds praat oor die Wet op Staatsamptenare van 1996 wat voorsiening maak vir die fonds se Raad van Trustees om die maandelikse pensioen vir te lede te verhoog. Die wet sit uiteen wat trustees in ag moet neem by die neem van hierdie besluit.
Ons en die onderwys 15 Oktober 2023
Johan van Lill praat met Jannie van der Westhuizen, oudskoolhoof en onderwyskonsultant, oor kommunikasie en onderwysleierskap. Hoe kan onderwysleiers suksesvol kommunikeer sodat dinge glad kan verloop in die skool en skoolgemeenskap?
Hoe verklaar jy dit? 15 Oktober 2023
Regstreeks vanaf die Woordfees in Stellenbosch: Ons bespreek klimaatsverandering met ekoloog dr. Dave Pepler, medikus dr. Heinz Mödler en teoretiese fiskikus prof. Hendrik Geyer. Hoe sal dit die mens en diere affekteer?
Taaldinge 15 Oktober 2023
Regstreeks vanaf die Woordfees in Stellenbosch: Alet Cloete en dr. Gerda Odendaal van die WAT beantwoord luisteraarsvrae.
Oggenddiens 15 Oktober 2023
Ds. Cassie Aucamp lei die diens vanuit die Gereformeerde Kerk Pretoria-Annlin.
Kiskenades – Episode 80
Tandjies Muis skrik hom boeglam as Alicia in die nag hoes. Gelukkig is Katryn Kraai daar om vir hom te verduidelik dat mensekinders soms siek raak. Speelgoed kan mos nie siek word nie. Die volgende dag besluit Mamma om Alicia dokter toe te neem, en Tandjies Muis bekommer hom dood.
Saterdagresep 14 Oktober 2023
Pierre Van Zyl van die Institute of Culinary Arts in Stellenbosch deel sy resep vir Seesout en aasbos gebakte forel met gemarineerde bokmelkkaas. En fiksheidsghoeroe Naudé Jordaan vertel hoe jy jou kombuis kan inrig om meer gesonde kos te maak.
Vergenoegd Löw se slawegeskiedenis en stambome
Johan Rademan gesels met Corius Visser van Vergenoegd Löw, wat geleë is aan die monding van die Eersterivier, en met kultuurhistorikus dr. Hans Heese oor die slawegeskiedenis en stambome van dié geskiedkuindige plaas. Het jy geweet dat PW Botha eintlik ‘n Appel en nie ‘n Botha was nie?