Hoekom sukkel mens soms om groot besluite te neem? Wat hou ons terug, en hoe kan ‘n persoon verseker wees van die beste of “regte” uitkoms? Vind meer uit oor die besluitnemingsproses.
Ikra 10 November 2023
‘n Gewyde boodskap vir RSG se Moslemluisteraars.
Islam in fokus 9 November 2023
‘n Besprekingsprogram oor Islam en die Koran.
SOETE DROME deur Karen Wessels
’n Liefdesverhaal van twee mense met bagasie uit die verlede, wat mekaar toevallig ontmoet en deur omstandighede deel word van mekaar se lewe. Die gesoute akteur en stemkunstenaar, Karen Wessels, maak haar debuut as skrywer met hierdie werk, en sy speel ook die hoofrol teenoor die ewe ervare kunstenaar, Robbie Wessels. Die ander akteurs is Altus Theart, Johny Klein, Renske Jacobs en Marina Coetzee.
Groeipyne 9 November 2023
Die meeste van ons was as kinders bevoorreg om ‘n pop of twee te kon hê, en herinneringe hieraan kan dikwels jou hart warm laat klop. Kliniese sielkundige dr. Jo-Marie Bothma praat oor die talle voordele verbonde aan popspeel.
Skrywers en boeke 8 November 2023
Ilse Salzwedel gesels met dr. Hestelle van Staden oor haar boek, OUTOPSIE: BLOED VERTEL ‘N STORIE. Hestelle is ‘n forensiese patoloog, en lig in die boek die sluier oor haar baie uitdagende, maar baie interessante werk. Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, het ‘n klompie voorstelle oor boeke wat oulike Kersgeskenke sal maak. In Johan Myburg se internasionale bydrae gesels hy oor nuwe misdaadromans, en hy vertel meer oor die Chinese skrywer Xan Chue, wat vanjaar genoem is as ‘n aanspraakmaker op die Nobelprys vir letterkunde. Johan stel ons ook voor aan CA Davids. Haar boek, HOW TO BE A REVOLUTIONARY, is onlangs aangewys as die wenner van die Sunday Times-fiksieprys.
Gesondheid 8 November 2023
Het jy geweet ’n narkosemiddel is eintlik ’n pakket van middels wat jou aan die slaap maak, jou pyn verlig en jou spiere verslap sodat jy nie kan beweeg tydens ’n delikate operasie nie? Wat monitor die narkotiseur voortdurend by die kop van die pasiënt? Hoe weet die narkotiseur om meer of minder narkosemiddels toe te dien? En kan die pasiënt dalk wakker word op die teatertafel?
Geestesgesondheid 7 November 2023
Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz oor hoe om lig te skep in tye van swaarkry. Hoe hanteer ek swaar tye? Hoe kan ek “ligtyd” in sulke tye vir my gesin, vriende en familie skep sodat alles nie net oor die swaarkry gaan nie?
Kortom 7 November 2023
Philru van Achterberg lees Hennie Aucamp se kortverhaal, ‘N BAKSEL IN DIE MÔRE.
Vers en klank 7 November 2023
Ter viering van die Bokke se Wêreldbekeroorwinning, luister ons na gedigte oor sport. Die voorleser is Waldemar Schultz.