Rand en sent 12 November 2023

Die Staatsdienspensioenfonds word jaarliks ​​gekonfronteer met vrae oor bonusse vir pensioenarisse, belasting op pensioen, lewensertifisering, en om die koopkrag van lede ongeskonde te hou.

Ons en die onderwys 12 November 2023

Johan van Lill praat met dr. Celia Booyse oor onderrigstrategieë met die brein in gedagte. Hulle kyk na die belangrikheid van taal in leer, uitvoerende funksies en waartoe dit leerders in staat kan stel.

Met raad en daad 12 November 2023

Arehan Brand praat met Jacques Jansen van die Onafhanklike Verkiesingskommissie oor wat die onlangse gewysigings aan die Kieswet behels, en hoe dit aanstaande jaar se nasionale en provinsiale verkiesings raak.

Taaldinge 12 November 2023

Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Wat is goeie Afrikaans vir hardeware en sagteware van ‘n rekenaar? Wat is ‘n ewenaarsvoor? Waar kom die woord bykans vandaan? Hoekom is dit verkeerd om te sê “die wedstryd was gespeel”?  Alet Cloete en Gerda Odendaal van die WAT is saam met Ina Strydom in die ateljee.

Oggenddiens 12 November 2023

Ds. Michelle Jacobs-Smith, tentmaker-leraar van Vredelust Gemeente in Boston. Bellville, en ook betrokke by Gevangenis Bediening by Goodwood Gevangenis.

Kiskenades – Episode 84

Alicia kuier saam met twee van haar speelgoed, Katryn Kraai en Spekkies Vark, by haar maatjie, Christiaan, op sy plaas. Christiaan se vlieër neem Katryn Kraai saam met hom in die lug om te vlieg. Maar dan loop dinge lelik skeef en Christiaan, Alicia en die speelgoed moet vinnig dink.

4×4-Sake 11 November 2023

Vrywillig verpligte vakansiebeplannig saam met Francois 4×4 Rossouw mag jou van ‘n groot vakansieterugslag weerhou.

Wie is ek? 10 November 2023

Hoekom sukkel mens soms om groot besluite te neem? Wat hou ons terug, en hoe kan ‘n persoon verseker wees van die beste of “regte” uitkoms? Vind meer uit oor die besluitnemingsproses.