Skrywers en boeke 22 November 2023

Digter, skrywer en resensent Daniel Hugo gesels oor sy boek, VERS EN KAPITTEL 2, en ook oor ‘n paar boeke wat hy kan aanbeveel. Deborah Steinmair, Vrye Weekblad se boekeredakteur, het ook ‘n paar aanbevelings. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg oor die belang van oudioboeke, ‘n Franse letterkundeprys vir die Suid-Koreaanse skrywer Han Kang, en nuwe boeke uit die pen van Sigrid Nunez en Michael Cunningham.

Gesondheid 22 November 2023

Retinitis pigmentosum, nierversaking, nieroorplantings, bipolêre gemoedsversteuring, boeliegedrag, die uitwerking van diereslagting op die slagter se gemoed. Kom vind uit hoe al dié aspekte verweef is. Mari Hudson gesels met ’n gesin van Malmesbury.

Geestesgesondheid 21 November 2023

Johan van Lill praat verder met dr. Chris van den Berg oor mans se geestesgesondheid. Hulle fokus op post-traumatiese stresversteuring. Wat veroorsaak dit? Hoe word dit behandel?

Kortom 21 November 2023

Amore Bekker lees stories wat deur RSG-luisteraars geskryf is. Dit kom uit die bundel, EK HET ‘N ENGEL GESIEN.

Doen jou eie ding 21 November 2023

Ryk van Niekerk praat met dr. Morne Mostert, strategiese toekomsadviseur by die Stellenbosch Bestuurskool en stigter van Mindset Index, oor entrepreneurskap in die toekoms en die belangrikheid van kreatiwiteit vir die skep van alternatiewe toekomste.

Regsake 20 November 2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n onlangse hofsaak oor misleidende fynskrif op ‘n jogurthouer. Hy praat ook oor voedselvergiftiging, en of mens ‘n eis teen ‘n verskaffer in dié verband kan instel. Spesialis gas dr. Llewelyn Curlewis sluit sy gesprek oor dwelmmisbruik af.

Sterre en planete 19 November 2023

Hoeveel sterre is daar in die hemelruim, en hoe word hulle getel? Dis ‘n tergende vraag want die hemelruim is net so groot soos ons kennisvlak strek. Die span praat oor die maniere hoe die berekening gedoen word. Daar is ook inligting oor suurstof wat op ons warm buurplaneet, Venus, waargeneem is.