Regsake 27 November 2023

Igna Klynsmith bespreek hy ‘n saak wat handel oor ‘n kind wat ‘n rugbybesering opgedoen het, wat vererger is deur die nalatigheid van die noodhulppersoneel. Hy bespreek ook die vereistes vir nalatigheid. Spesialisgas Volker Kruger praat oor ‘n groep boere wat ‘n grondeienaarsvereniging op die been wil bring. Hy verduidelik hoe so iets sal werk vanuit ‘n regsoogpunt, en of dit ‘n goeie idee sou wees om dit te doen.

Sterre en planete 26 November 2023

A rapid unscheduled disassembly. Dis wat die Amerikaners sê toe die Starship-vuurpyl onlangs ontplof het. Willie Koorts gee ‘n uiteensetting van wat gebeur het. Die tradisionele metode om ruimtetuie aan te dryf is deur middel van vuurpyle. Matie Hoffman verduidelik hoe ‘n groep ruimte wetenskaplikes ‘n motor ontwikkel het, wat aangedryf word deur plasma.

Leefwêreld van die gestremde 26 November 2023

‘n Hoogtepunt vir mense met gestremdhede, is dat gebaretaal as die 12e amptelike landstaal aangewys is. Jacqui January hoor van die NID en die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede wat hulle hiervan dink. Fanie du Toit vind meer uit oor die toegangklikheid van selfoontegnologie vir persone met gestremdhede oor alle spektrums. Dr. Karin Smit leef met ‘n gestremdheid, en sy deel haar leefwêreld met ons.

Rand en sent 26 November 2023

Tracy Peters van Staatsdienspensioenfonds praat oor die GEPF se veerkragtigheid. Lede word dikwels gekonfronteer met halwe waarhede oor die pensioenfonds se finansiële gesondheid. Die GEPF-lede en pensioenarisse word gereeld meegedeel dat hulle moet bedank, en al hul spaargeld uit die fonds haal en dit privaat belê, omdat dit kwansuis met rasse skrede sal groei.

Ons en die onderwys 26 November 2023

Johan van Lill praat met prof. Christo van der Westhuizen, verbonde aan die Departement Opvoedkunde aan die Universiteit van Johannesburg, oor die gebruik van mikrolesse vir die opleiding van STEM-onderwysers in ‘n virtuele realiteitsklaskamer.

Met raad en daad 26 November 2023

Jacques Jansen van die Onafhanklike Verkiesingskommissie verduidelik hoe landsburgers steeds as kiesers kan registreer, al het hulle die eerste kieserregistrasie-naweek misgeloop.

Hoe verklaar jy dit? 26 November 2023

Het kanker bestaan voordat mensgemaakte chemikalieë daar was? Hoe verskil visie van oë wat langs die kop teenoor voor die kop geposisioneer is? Kan ons meer goud maak uit ander elemente, en só die finansiële krisis oplos?

Taaldinge 26 November 2023

‘n Paar taalnavrae word beantwoord deur Alet Cloete en Gerda Odendaal van die WAT, soos die herkoms van die woorde ban en nerd.  Die ambassadeur van die Festival voor het Afrikaans, wat die naweek in Den Haag plaasvind, Frazer Barry, vertel vir Ina Strydom meer van dié fees.