Ds. Cassie Aucamp lei die diens vanuit die Gereformeerde Kerk Pretoria-Annlin.
Kiskenades – Episode 80
Tandjies Muis skrik hom boeglam as Alicia in die nag hoes. Gelukkig is Katryn Kraai daar om vir hom te verduidelik dat mensekinders soms siek raak. Speelgoed kan mos nie siek word nie. Die volgende dag besluit Mamma om Alicia dokter toe te neem, en Tandjies Muis bekommer hom dood.
Saterdagresep 14 Oktober 2023
Pierre Van Zyl van die Institute of Culinary Arts in Stellenbosch deel sy resep vir Seesout en aasbos gebakte forel met gemarineerde bokmelkkaas. En fiksheidsghoeroe Naudé Jordaan vertel hoe jy jou kombuis kan inrig om meer gesonde kos te maak.
Vergenoegd Löw se slawegeskiedenis en stambome
Johan Rademan gesels met Corius Visser van Vergenoegd Löw, wat geleë is aan die monding van die Eersterivier, en met kultuurhistorikus dr. Hans Heese oor die slawegeskiedenis en stambome van dié geskiedkuindige plaas. Het jy geweet dat PW Botha eintlik ‘n Appel en nie ‘n Botha was nie?
4×4-Sake 14 Oktober 2023
Francois 4×4 Rossouw sê respekteer boere se plase en hulle grond. Slotte, drade en heinings!
Wie is ek? 13 Oktober 2023
Voel jy vasgevang in jou beroep of verhouding, maar tog is daar eintlik niks verkeerd nie. Jy het die gepaste persoon in jou lewe; jy het die beroep gekies wat jy altyd wou hê; jy verdien dalk die perfekte salaris, maar tog voel jy nie vervul nie. Hoe kom mens uit hierdie hok wat jou so vasvang?
Ikra 13 Oktober 2023
‘n Gewyde boodskap vir RSG se Moslemluisteraars.
Islam in fokus 12 Oktober 2023
‘n Besprekingsprogram oor Islam en die Koran.
BEURTKRAG deur Leon van Nierop
‘n Riller oor die uitwerking wat beurtkrag het. Albert beman bedags (en soms snags) ‘n noodlyn waarheen mense skakel indien hulle ‘n krisis het. Beurtkrag veroorsaak meer trauma as wat besef word. Om die waarheid te sê, dit word onderskat. En dit kring wyer uit na mense se persoonlike lewe, wat dan om berading aanklop. Die probleem is dat die tradisionele vraag- en antwoordsessie nie altyd help nie. Veral nie in hierdie geval nie… Die spelers is Bettie Kemp, Antowan Nöthling en Luan Jacobs.
Groeipyne 12 Oktober 2023
Sommige kinders met sensoriese integrasiedisfunksie het ‘n afkeer aan sekere soorte kos, wat kan lei tot ‘n beperkte maaltydplan. Dieetkundige Christa Dunn het raad.