Regsake 16 Oktober 2023

Igna Klynsmith bespreek die Neurenberg-verhore. Hy praat ook oor diejJuriestelsel en hoekom dit in Suid-Afrika afgeskaf is. Spesialisgas Elmari Richter praat oor ‘n intereassante verwikkeling in die reg wat op 10 Oktober 2023 deur die konstitutionele hof toegestaan is.

Sterre en planete 15 Oktober 2023

Wat is ’n attosekonde? Daar is ook inligting oor meteoriete wat in Suid-Afrika gevind is, en toeps wat beskikbaar is om die hemelruim mee te verken.

Stemme van hoop 15 Oktober 2023

Lizelle de Bruin gesels met dr. Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis en sielkundige Quintin Adams oor wat dienende leierskap beteken. Die gesprek fokus op die verstaan van die rol van die burgerlike samelewing vir die heropbou van die land. Dr. Stephan Joubert deel ook ‘n paar gedagtes oor leierskap, en wat dit nie is nie.

Leefwêreld van die gestremde 15 Oktober 2023

Fanie du Toit beantwoord luisteraarsvrae oor die inplanting van gehoorapparate by babas. Jacqui January hoor van mense se ervaring van depressie, en hoe dit persone met die toestand kan strem indien dit onbehandeld gelaat word.

Rand en sent 15 Oktober 2023

Tracy Peters  van die Staatsdienspensioenfonds praat oor die Wet op Staatsamptenare van 1996 wat voorsiening maak vir die fonds se Raad van Trustees om die maandelikse pensioen vir te lede te verhoog. Die wet sit uiteen wat trustees in ag moet neem by die neem van hierdie besluit.