4×4-Sake 21 Oktober 2023

‘n Sopnat Transkei en ‘n rit in die Kalahari. Francois 4×4 Rossouw deel die lekkertes van 24 bergpasse en honderde duine.

Wie is ek? 20 Oktober 2023

Hoekom mag ouers nie voor hulle kinders argumenteer nie? Dis nie asof die kind dit sal onthou nie… of is ons verkeerd? Onthou kinders die argumente? Wat leer jou kinders daaruit? Wat is die langtermyngevolge van argumentering in die gesinshuis?

Wie is ek? 20 Oktober 2023

Hoekom mag ouers nie voor hulle kinders argumenteer nie? Dis nie asof die kind dit sal onthou nie… of is ons verkeerd? Onthou kinders die argumente? Wat leer jou kinders daaruit? Wat is die langtermyngevolge van argumentering in die gesinshuis?

‘N MOOI SONDAGMIDDAG IN SEPTEMBER deur Ugo Betti

Mev. Adriana is 40 en verveeld. Dit voel vir haar asof die lewe na ‘n einde beweeg, tot sy hoor dat sy ‘n ouma gaan word, en dat ‘n nuwe lewe gaan begin. Die spelers is Anneke Keyter, Johann Nel, Johann Esterhuysen, Christo Gerlach, Joanie Combrink, Alewyn Lee, Pierre Louw, Edward Turner, Neels Engelbrecht en Nicci van Noordwyk.

Groeipyne 19 Oktober 2023

Ons fokus ons op die LSD-benadering vir voorskoolse kinders: Liefde, Sekuriteit, Dissipline. Dr. Elsabe Wessels verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Fakulteit Opvoedkunde verduidelik wat dit behels.

Skrywers en boeke 18 Oktober 2023

Ilse Salzwedel gesels met vier skrywers tydens ‘n spesiale opname by die Toyota US Woordfees. Johann Rossouw vertel van die inspirasie vir sy nuwe roman, SLUITSTUK, en gesels ook oor VERNIETIG, sy vertaling van ‘n roman deur die Franse skrywer, Michelle Houellebecq. Beryl Botman vertel meer oor haar twee outobiografiese boeke, SEDERT DIE DOOD ONS SKEI en STEEDS BLY DIE LIEFDE. Rina Bester, wat die wenverhaal geskryf het vir die nuwe Woordfeesbundel, gesels oor die inspirasie vir haar verhaal. Ian Sutherland, skrywer van CATASTROPHE, vertel van die navorsing vir sy roman. Hy het onder andere gaan kyk het hoe lyk dit by Tjernobiel, waar ‘n kernkragramp in 1986 plaasgevind het.

Gesondheid 18 Oktober 2023

Hoe verskil Alzheimer se siekte van ander soorte demensie? Wat loop verkeerd in die brein? Waar staan die wetenskap in die verstaan en behandeling van Alzheimers? Kan Alzheimer se siekte jou dood kos? Kan goeie slaappatrone help teen dié soort demensie?

Geestesgesondheid 17 Oktober 2023

Johan van Lill praat met Lynette Beer, ‘n lewensafrigter, inspirasie-spesialis en persoonlikheidskenner, oor hoe om uit jou groef te kom en positief na dinge te kyk. Watter impak het ‘n positiewe ingesteldheid op jou geestesgesondheid?