Die Psyche-sending het onlangs ‘n tuig gelanseer na ‘n vreemde asteroïde, wat net uit metaal bestaan. Ons vind meer uit van ‘n projek om laserstrale te gebruik om in die ruimte te kommunikeer. Dit wil voorkom of die geld waarmee die Hubble- en Chandra-ruimteteleskope befonds word, aan die opdroog is. Die span praat oor die implikasie van dié verwikkeling, en die rol wat Edwin Hubble in sterrekunde gespeel het. Hy was die eerste om vas te stel dat die Andomedastelsel nie ‘n newel is nie. maar ‘n reuse sterrestelsel.
Stemme van hoop 22 Oktober 2023
Lizelle de Bruin gesels met dr. Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis, en Gregory Modungwa van Unashamidly Ethical oor die bou van sterker instellings en families deur dissipline. Die gesprek fokus op die verstaan van die rol van die burgerlike samelewing vir die heropbou van die land. Ons hoor ook van gemeenskapsleiers van Eersterivier en Atlantis oor hoe hulle dissipline toepas.
Leefwêreld van die gestremde 22 Oktober 2023
Fanie du Toit hoor wat die Kaapstad Vereniging vir Blindes doen om mense op te lei. Van die grootste uitdagings is dat mense met gestremdhede steeds nie voldoende in die arbeidsmark gevestig is nie. Van die opleiding sluit in volle toegang tot ‘n slimfoon, en opleiding in Braille, wat steeds relevant is midde in tegnologiese ontwikkeling. Jacqui January vertel van een van die oudste welsynsorganisasies in Suid-Afrika. Die SAVF is vanjaar 119 jaar oud. Daar is vrywilligers wat al langer as 50 jaar lank daar diens doen! Hulle moes doelwitaanpassings maak t.o.v. dienslewering om in pas te bly met ‘n veranderende wêreld.
Rand en sent 22 Oktober 2023
Bedrog is een van die mees algemene maniere waarop besighede en mense geld verloor. Dis een van die kwessies waaroor die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) ernstig bekommerd is. Tracy Peters van GEPF praat oor die veiligheidsmaatreëls wat in plek kan stel om nie ‘n slagoffer te word nie.
Ons en die onderwys 22 Oktober 2023
Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, onderwyskundige en historikus, oor hoe om kritiese denkvaardighede by leerders te ontwikkel.
Hoe verklaar jy dit? 22 Oktober 2023
Hoekom neem blou-ape dwelms? Hoekom raak olifante dronk? Hoekom vrek sekere voëls van alkoholvergiftiging? Hoekom word vlêrmuise deur niks geaffekteer nie? Hoe perfeksionisties is stinkbesies? Is daar iets soos gratis elektrisiteit wat al ons kragprobleme kan oplos?
Taaldinge 22 Oktober 2023
Die internasionaal-gerekende leksikograaf, prof. Rufus Gouws van die Universiteit Stellenbosch, vertel vir Ina Strydom waar Internasionale Woordeboekdag vandaan kom, wat op 16 Oktober gevier is. Hy vertel ook wat die jongste ontwikkelinge op die gebied van woordeboekmaak is, en hoe kunsmatige intelligensie die toekoms van die vakgebied sal raak.
Oggenddiens 22 Oktober 2023
Dr. Francois Engelbrecht van Powerhouse International-gemeente, Brackenfell.
Kiskenades – Episode 81
Alicia se nefie, Hendrik, kom kuier by haar en haar speelgoed. Hulle speel lekker saam, totdat Hendrik Alicia se vliegtuigie, Freddie, per ongeluk breek. Sal Alicia Hendrik ooit kan vergewe?
Saterdagresep 21 Oktober 2023
Nadia Beukes deel haar ouma Jane se resep vir ‘n teekoek.