Groeipyne 26 Oktober 2023

Elke jaar wonder ouers van graad R-kinders of hulle kinders werklik skoolgereed is. Dis ʼn baie moeilike situasie omdat jy moet besluit oor iets wat moontlik ʼn groot impak kan hê op die toekoms van jou kind, vir wie jy wil net die heel beste wil hê. Kleuterskoolhoof Marietjie Havenga deel ‘n paar riglyne wat ouers en onderwysers kan gebruik wanneer hulle die groot besluit moet maak.

Skrywers en boeke 25 Oktober 2023

Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, vertel vir Ilse Salzwedel van ‘n klompie nie-fiksieboeke wat sy onlangs gelees het en kan aanbeveel.  Ilse gesels met Fanie Olivier oor sy Afrikaanse vertaling van die Belgiese skrywer Erwin Mortier se GODENSLAAP. Johan Myburg bring hulde aan die Amerikaanse digter en voormalige Nobelpryswenner, Louise Glück, ná haar onlangse dood. Hy gesels ook oor ʼn nuwe bundel kortverhale uit die pen van Jhumpa Lahiri, en ‘n Duitse literêre organisasie se besluit om ‘n letterkundeprys wat tydens die Frankfurtse boekeskou oorhandig sou word aan Adania Shibli, ‘n skrywer van Palestynse afkoms, onbepaald terug te hou. Haar roman, MINOR DETAIL, het reeds in 2020 verskyn en wêreldwyd groot lof ingeoes.

Gesondheid 25 Oktober 2023

Skielike kardiale dood in jonger mense het meestal niks te doen met ’n hartaanval of bloedvatsiekte nie. Ons vind meer uit oor Skielike Kardiale Dood, en hoekom ’n hart wat hopeloos te vinnig klop, noodlottig kan wees.

Geestesgesondheid 24 Oktober 2023

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor hoe om jou volle potensiaal te bereik en om die maksimum vermoë te behaal. Hoe vind jy jou nering in die lewe?

Vers en klank 24 Oktober 2023

Luister na die gedigte wat in vanjaar se Avbob-poësiekompetisie as wenners in die Afrikaanse kategorie aangewys is. Die voorleser is Nicole Holm.

Regsake 23 Oktober 2023

Igna Klynsmith bepspreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n eis teen die padongelukkefonds. Hy praat ook oor twee interessante sake oor die eindomsreg van ‘n perd. Spesialisgas Peto Milton praat oor rusie tussen aandeelhouers met gelyke aandeelhouding, en of dit die einde van ‘n maatskappy kan beteken.