Wie is ek? 27 Oktober 2023

Liggaamsdismorfiese versteuring (BDD) is ‘n geestesgesondheidstoestand waar ‘n persoon baie tyd spandeer om te bekommer oor gebreke in hulle voorkoms. Hierdie gebreke is dikwels onopvallend vir ander. Mense van enige ouderdom kan BDD ervaar, maar dis die algemeenste by tieners en jong volwassenes. Dit raak sowe mans as vroue.

DIE STOMME MOSES deur Albert Short

‘n Kaal man word in die vlak water van ‘n rivier gevind. Hy is bewusteloos en kan nie praat nie. Wie is hy? Of meer belangrik – wát is hy? Want die Anglo-Boereoorlog is in volle swang. Is hy Boer of Brit? Vriend of vyand? Tussendeur raak die verpleegster verlief op hom. En iemand raak jaloers – en die stomme Moses, al kan hy nie ‘n vinger lig of ‘n woord sê nie, verkeer in doodsgevaar! DIE STOMME MOSES is ‘n absurde komedie wat afspeel teen die agtergrond van die Anglo-Boereoorlog wat vanaf 1899 tot 1902 in Suid-Afrika gewoed het. Dit was Boer teen Brit, en om in daardie tyd sonder identiteit te wees, moes waarskynlik ‘n erge probleem gewees het. Die akteurs is Karli Heine, De Klerk Oelofse en Wessel Pretorius.

Groeipyne 26 Oktober 2023

Elke jaar wonder ouers van graad R-kinders of hulle kinders werklik skoolgereed is. Dis ʼn baie moeilike situasie omdat jy moet besluit oor iets wat moontlik ʼn groot impak kan hê op die toekoms van jou kind, vir wie jy wil net die heel beste wil hê. Kleuterskoolhoof Marietjie Havenga deel ‘n paar riglyne wat ouers en onderwysers kan gebruik wanneer hulle die groot besluit moet maak.

Skrywers en boeke 25 Oktober 2023

Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, vertel vir Ilse Salzwedel van ‘n klompie nie-fiksieboeke wat sy onlangs gelees het en kan aanbeveel.  Ilse gesels met Fanie Olivier oor sy Afrikaanse vertaling van die Belgiese skrywer Erwin Mortier se GODENSLAAP. Johan Myburg bring hulde aan die Amerikaanse digter en voormalige Nobelpryswenner, Louise Glück, ná haar onlangse dood. Hy gesels ook oor ʼn nuwe bundel kortverhale uit die pen van Jhumpa Lahiri, en ‘n Duitse literêre organisasie se besluit om ‘n letterkundeprys wat tydens die Frankfurtse boekeskou oorhandig sou word aan Adania Shibli, ‘n skrywer van Palestynse afkoms, onbepaald terug te hou. Haar roman, MINOR DETAIL, het reeds in 2020 verskyn en wêreldwyd groot lof ingeoes.

Gesondheid 25 Oktober 2023

Skielike kardiale dood in jonger mense het meestal niks te doen met ’n hartaanval of bloedvatsiekte nie. Ons vind meer uit oor Skielike Kardiale Dood, en hoekom ’n hart wat hopeloos te vinnig klop, noodlottig kan wees.

Geestesgesondheid 24 Oktober 2023

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor hoe om jou volle potensiaal te bereik en om die maksimum vermoë te behaal. Hoe vind jy jou nering in die lewe?

Vers en klank 24 Oktober 2023

Luister na die gedigte wat in vanjaar se Avbob-poësiekompetisie as wenners in die Afrikaanse kategorie aangewys is. Die voorleser is Nicole Holm.