Sterre en planete 29 Oktober 2023

Ruimtewetenskaplikes het daarin geslaag om die sagteware van Voyager 2 op te dateer terwyl dit 135 astronomiese eenhede van die aarde af is. Een astronomiese eenheid is 150 000 miljoen kilometer – die afstand tussen die aarde en die son. Wetenskaplikes het met hehulp van 3D-tegnognolie daarin geslaag om ‘n vuurpyl spuitstuk te maak gweldige kragte kan hanteer. ‘n Radioknal is onlangs waargeneem wat miljoene jare gelede ontstaan het. Wat is ’n radioknal, en hoekom is dié waarneming so belangrik?

Leefwêreld van die gestremde 29 Oktober 2023

Fanie du Toit praat met Johan du Preez oor die uitdagings van blindes wat alleen bly. Jacqui January hoor by ‘n navorser van die hoofuitdagings vir mense met gestremdhede in die werkplek.

Ons en die onderwys 29 Oktober 2023

Johan van Lill praat met dr. Nanda Klapwijk oor geletterdheid, en fokus op die voor-die-lees-fase wat onderwysers as ‘n strategie kan gebruik by die onderrig van lees.

Hoe verklaar jy dit? 29 Oktober 2023

Ons leer meer oor liewenheersbesies, of skilpadkewers. Waar kom hulle vandaan? Watter spesies het onlangs in Suid-Afrika aangekom? Wat is hulle groepgedrag? Ons vind ook meer uit van die blikslanerkie en die snorkmodderpaddatjies.

Taaldinge 29 Oktober 2023

Die bestuurshoof van die Afrikaanse Taalraad, dr. Conrad Steenkamp, vertel vir Ina Strydom van die verband tussen armoede en onderwys, en watter rol Afrikaans het om te speel, n.a.v. die Hertzoggedenklesing wat hy onlangs gelewer het by die SAAWK.

Kiskenades – Episode 82

Alicia en die speelgoed van die speelgoedkis is verveeld, want dit reën en hulle kan nie buite speel nie. Dan kry Alicia se ma ‘n briljante plan. Sy gee vir almal papier en verf en sê hulle moet prentjie skilder. Alles verloop glad tot Kobus die kameelperd die verf op Katryn Kraai se kop laat val.

Saterdagresep 28 Oktober 2023

Vanes-Mari du Toit maak Franse roosterbrood in Parys, Frankryk, voor die Bokke se eindwedstryd teen die All Blacks.

4×4-Sake 28 Oktober 2023

Francois (4×4) Rossouw wys die weg aan van padkaarte wat gebruik moet word, en verkeerde inligting wat aangemeld kan word.