Charlize Calitz, die RR-graadhoof by Skuilkrosies, Laerskool Skuilkrans se Vroeë Kinder-ontwikkelingsentrum, praat oor kreatiwiteit in die kleuterskoolklaskamer.
Skrywers en boeke 1 November 2023
Sussie Kotze het onlangs haar 90e verjaarsdag gevier. Sy vertel vir Ilse Salzwedel van die inspirasie agter haar roman wat vroeër vanjaar verskyn het, en gesels oor haar lewe en werk. Joan Hambidge gesels oor vier Afrikaanse boeke wat haar vanjaar beïndruk het. Johan Myburg het nuus oor twee goed wat hoofopskrifte gehaal het tydens die onlangse Frankfurtse boekeskou: ‘n toekenning aan Salman Rushdie, en ‘n toespraak deur die Sloweense skrywer en intellektueel Slavoj Zizek. Johan vertel ook waarna lesers kan uitsien in Hilary Mantel se outobiografie, A MEMOIR OF MY FORMER SELF: A LIFE IN WRITING. Mantel is verlede jaar oorlede, en hierdie is die laaste boek uit haar pen.
Gesondheid 1 November 2023
Kan ’n middel soos dagga en Tik ’n psigose soos skisofrenie aanskakel? Wat is ’n psigose? Hoekom is ’n jong brein so vatbaar vir die aanskakeling, wat selfs hulle IK kan verlaag? Kan die psigose weer afgeskakel word as die jongmens ophou om die middels te gebruik?
Geestesgesondheid 31 Oktober 2023
Johan van Lill praat met Simone Hieradien oor die pad wat sy gestap het as ‘n transgender vrou. Hule gesels oor die uitdagings, die proses en hoe sy haar lewe elke dag leef.
Kortom 31 Oktober 2023
Denver Vraagom lees Roela Hattingh se kortverhaal, RIEME.
Vers en klank 31 Oktober 2023
Luister na gedigte oor die plaaslewe. Die voorleser is Lochner de Kock.
Doen jou eie ding 31 Oktober 2023
Ryk van Niekerk praat met Rene Botha, areabestuurder van Business Partners, oor die finansiering van klein besighede en entrepreneurs.
Opskud 30 Oktober 2023
Die varkwagter.
Regsake 30 Oktober 2023
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n persoon se regsposisie m.b.t. tot die bure se plasing van hulle kragopwekkers. Hy praat ook oor geslagsgeweld waar ‘n man die slagoffer is. Spesialisgas Riëtte Oosthuizen praat oor ‘n onlangse uitspraak in die hooggeregshof oor internasionale kinderontvoering.
Kommentaar 29 Oktober 2023
‘n In-diepte ontleding van die week se belangrikste nuusgebeure.