Regsake 6 November 2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor ‘n familielid wat geld geleen het, en dit nie betaal nie. Hy bespreek ook ‘n brief van ‘n regstudent wat verband hou met wat prokureurs, advokate en regters verdien. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis bespreek een van die wêreld se grootste probleme, dwelmisbruik.

Sterre en planete 5 November 2023

Prof. Heino Falcke is die eerste astrofisikus wat ‘n gravitasiekolk “afgeneem” het. Hy is verbonde aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, en die Max Planck Instituut in Bonn. Hy verduidelik hoe dit gedoen is. Die Parker sonsatelliet is in 2018 gelanseer, en is tans in ‘n eliptiese baan om die son teen ‘n snelheid van 636 266 k/h. Jim Adams praat oor die sending en of die satelliet sy sneheid sal verhoog.

Leefwêreld van die gestremde 5 November 2023

Fanie du Toit hoor van intellektuele beperkinge, en ‘n ouerpaar se aanvaarding van ‘n kind wat meer is as sy beperkinge. Jacqui January het meer gaan uitvind oor die nasionale dowe krieketspan, wat Suid-Afrika eersdaags by die krieketwêreldbeker vir dowes sal verteenwoordig.

Rand en sent 5 November 2023

Themla Bestbier van die Staatsdienspensioenfonds praat oor die aktuariële belangefaktore wat gebruik word om die aktuariële rentevoordele te bepaal, wat die waarde van ‘n lid se voordeel in die fonds verteenwoordig.

Ons en die onderwys 5 November 2023

Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur oor die BELA-wetgewing, wat gemeenskappe kan doen om die matrieks met hulle eksamen te ondersteun, en waar die proses is met aansoeke vir onderwysstudente by universiteite.

Met raad en daad 5 November 2023

Wie en wat is die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), en wat is hulle rol tydens verkiesings? Arehan Brand stel hierdie vrae aan Ellsforth Booyse, ‘n uitreikbeampte van die OVK se Weskusstreek. Hy vind ook uit hoe almal aktiewe burgers van die Suid-Afrikaanse demokratiese bestel kan word.

Hoe verklaar jy dit? 5 November 2023

Hoe kan dit so moeilik wees om rubber oor gladde glas te sleep as wrywing deur oppervlakwrywing veroorsaak word? Hoekom is erdwurms so reusagtig in Cradock?

Taaldinge 5 November 2023

Waarom word Hamas uitgespreek as “Ghamas” al word dit met ‘n h gespel?  En plaaslik word Radebe uitgespreek as Ghadebe.  Die taalkundige, prof. Ernst Kotze, vertel vir Ina Strydom wat alles ‘n rol speel by die uitspraak van woorde en name in vreemde tale.

Oggenddiens 5 November 2023

Pastoor Klaus-Eckart Damaske van die Petrus-Paulus gemeente op Lüneburg naby Paulpietersburg in KwaZulu-Natal.